PERSOONLIKHEIDSKENMERKE VAN JALOERSE PERSONE: 'N VERGELYKENDE STUDIE. deur. P.J. Basson

Size: px
Start display at page:

Download "PERSOONLIKHEIDSKENMERKE VAN JALOERSE PERSONE: 'N VERGELYKENDE STUDIE. deur. P.J. Basson"

Transcription

1 PERSOONLIKHEIDSKENMERKE VAN JALOERSE PERSONE: 'N VERGELYKENDE STUDIE deur P.J. Basson Voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes van die graad MAGISTER IN DIE LETTERE EN WYSBEGEERTE in Voorligtingsielkunde in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Randse Afrikaanse Universiteit Studieleier: DR. ANITA D. STUART 1996

2 BEDANICINGS My opregte dank aan die volgende persone en instansies: Dr. Anita Stuart vir bekwame leiding en 'n navolgingswaardige voorbeeld - as navorser en as mens. My ouers wat nog altyd vir my daar was as die nood druk. My mede-studente vir hul ondersteuning en aanmoediging. Eddie en Amori vir al hulle belangstelling. Die Statistiese Konsultasiediens van die Randse Afrikaanse Universiteit, spesifiek prof. A. Wiid en Martie Bester vir hulle hulp met die analise van my data. Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing die Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van die Noorde, vir finansiele bystand. Tania Loubscher en Christo Visser, vir hulle hulp met die opstel van tabelle, die uitleg en druk van die skripsie. Al my Proefpersone. Sonder julle samewerking was hierdie navorsing nie moontlik nie.

3 "As a jealous person, I suffer fourfold: because I am jealous, because I reproach myself for my jealousy, because I fear that my jealousy is hurting the other, because I allow myself to be enslaved by a banality: I suffer from being excluded, from being aggressive, from being crazy, and from being common" (Baumgart, 1990, p.1).

4 INHOUDSOPGAWE Summary xi HOOFSTUK 1 ORIeNTASIE, MOTIVERING EN DOELSTELLINGS 1. 1 ORI &WAS IE MOTIVERING VIR DIE HUIDIGE STUDIE PROBLEEMSTELLING DOEL VAN DIE STUDIE SPESIFIEKE DOEL ALGEMENE DOEL TERMINOLOGIE OORSIG OOR DIE VOORGESTELDE STUDIE 10 HOOFSTUK 2 JALOESIE. TEORETIESE GRONDSLAE VAN DIE STUDIE TERMINOLOGIESE VERHELDERING NYD Die etiologie van nyd 14

5 ii Kwaadwillige nyd en nie-kwaadwillige nyd Die emosionele belewenis van nyd JALOESIE Inleiding tot bespreking van jaloesie Etiologie van jaloesie Klassifiserings en omskrywings van jaloesie Jaloesie as gevolg van die verlies aan vormgewende aandag Agterdogtige en feitlike jaloesie Temporale status van verhoudings en jaloesie Jaloesie as sosiaal-fenomenologiese situasie Probleme met betrekking tot die konseptualisering van jaloesie DIE WHITE-MULLEN MODEL VAN JALOESIE ORIeNTASIE TEN OPSIGTE VAN DIE WHITE-MULLEN MODEL VAN JALOESIE SLEUTELBEGRIPPE TEN OPSIGTE VAN DIE WHITE-MULLEN MODEL VAN JALOESIE Beskrywende versus oorsaaklike analises Perseptueel-transaksionele teorie van stres Taksering en hantering van stresvlakke 'N MODEL VAN ROMANTIESE JALOESIE TEORETIESE EN EMPIRIESE GRONDSLAE VAN DIE WHITE- MULLEN MODEL VAN ROMANTIESE JALOESIE 44

6 iii Primere taksering Primere taksering: begripsuitbreiding Navorsing met betrekking tot primere taksering Emosionele reaksies volgens die White- Mullen model van romantiese jaloesie Begripsuitbreiding ten opsigte van emosionele reaksies Navorsing met betrekking tot jaloerse emosies Sekondere taksering Begripsuitbreiding ten opsigte van sekondere taksering Navorsing met betrekking tot sekondere taksering PSIGOPATOLOGIE EN JALOESIE VERSKILLENDE MANIFESTASIES VAN JALOESIE Onderskeid tussen normale en patologiese jaloesie Voorgestelde klassifikasie van jaloesie: Normale, patblogies-reaktiewe en simptomatiese jaloesie MANIFESTERING VAN JALOESIE BY SEKERE PSIGIATRIESE SINDROME Organiese psigosindrome en jaloesie Gemoedsversteurings en jaloesie Skisofrenie en jaloesie Delusionele (paranoiede) versteurings en jaloesie Alkoholmisbruik en jaloesie 67

7 iv Dwelmmisbruik en jaloesie Obsessief-kompulsiewe Versteurings en jaloesie HANTERINGSGEDRAG VAN JALOERSE PERSONE DOELWITTE VAN DIE HANTERINGSTRATEGIE DIE HANTERINGSTRATEGIE6 WAT DEUR JALOERSE PERSONE AANGEWEND WORD Verbetering van die verhouding Inmenging met die mededingende verhouding Aanspraak maak op verbintenis ("commitment") tot die verhouding Vernedering van die verhoudingsmaat en/of die,mededinger Ontwikkeling van alternatiewe Ontkenning/vermyding Selftaksering Katarsis NAVORSING OOR HANTERING VAN JALOESIE HOOFSTUKOPSOMMING 82 HOOFSTUK 3 JALOESIE EN PERSOONLIKHEID 3.1 SIBBE-MEDEDINGING EN ONTWIKKELINGSMATIGE

8 VOORLOPERS VAN VOLWASSE JALOESIE NAVORSING MET BETREKKING TOT SIBBE-MEDEDINGING Temperament en sibbe-jaloesie Die effek van differensiele behandeling van die kinders deur die ouers Behoeftebevrediging en sibbe-jaloesie Aggressie, straf en sibbe-jaloesie Optrede van die vader en sibbe-jaloesie Geslagsverskille en sibbe-jaloesie TIPERENDE PERSOONLIKHEIDSTREKKE VAN DIE JALOERSE PERSOON EMOSIONALITEIT EN JALOESIE JALOESIE EN SELF-ESTEEM DIE VERBAND TUSSEN JALOESIE EN ANDER ASPEKTE VAN PERSOONLIKHEID Persoonlike houdings Emosionele Wekbaarheid Eksterne lokus van kontrole Depressiwiteit Persoonlikheidspatologie Ander persoonlikheidskorrelate van jaloesie Kritiek op jaloesie en persoonlikheidsnavorsing DIE VERWANTSKAP TUSSEN JALOESIE EN EIENSKAPPE VAN V

9 vi DIE SITUASIE DIE VERWANTSKAP TUSSEN JALOESIE EN EIENSKAPPE VAN DIE VERHOUDING Ooreenstemming van uitkomste Graad van afhanklikheid Wederkerigheid van afhanklikheid DIE VERWANTSKAP TUSSEN JALOESIE EN EIENSKAPPE VAN DIE KULTUUR EN SUBKULTUUR EIENSKAPPE VAN DIE PERSONE BETROKKE BY DIE JALOESIE-KOMPLEKS Ouderdom Gesinsmatige invloede Geslagsverskille HOOFSTUKOPSOMMING 113 HOOFSTUK 4 EKSPERIMENTELE ME TODE 4. 1 NAVORS INGS PROBLEEM EN DOEL VAN DIE ONDERSOEK NAVORS INGSMETODE SELEKSIE VAN PROEFPERSONE SELEKSIE-INSTRUMENT (JALOESIE REAKSIESKAAL) 120

10 vii Metriese eienskappe van die Jaloesie Reaksieskaal PSIGOMETRIESE TOETSBATTERY Eysenck Persoonlikheidsvraelys (1975) Metriese eienskappe van die Eysenck Persoonlikheidsvraelys IPAT-Angsskaal Metriese eienskappe van die IPAT-Angsskaal Jung Persoonlikheidsvraelys Metriese eienskappe van die Jung Persoonlikheidsvraelys Persoonlikheidsfaktorvraelys Metriese eienskappe van die 16 Persoonlikheidsfaktorvraelys HIPOTESES STATISTIESE ANALISE 141 HOOFSTUK 5 RESULTATE 5.1 RESULTATE VAN HIPOTESES 1 TOT RESULTATE VAN HIPOTESES 7 TOT RESULTATE VAN HIPOTESES 10 TOT

11 HOOFSTUK 6 BE VAN RESULTATE, BE PERKINGS EN AANBEVELINGS 6.1 BESPREKING VAN DIE RESULTATE PERSOONLIKHEIDSVERSKILLE TUSSEN JALOERSE DAMES EN BEDUIDEND MINDER JALOERSE DAMES, SOOS AANGETOON DEUR DIE EYSENCK PERSOONLIKHEIDSVRAE- LYS EN DIE IPAT-ANGSSKAAL PERSOONLIKHEIDSVERSKILLE TUSSEN JALOERSE DAMES EN BEDUIDEND MINDER JALOERSE DAMES, SOOS AANGETOON DEUR DIE JUNG PERSOONLIKHEIDSVRAELYS PERSOONLIKHEIDSVERSKILLE TUSSEN JALOERSE DAMES EN BEDUIDEND MINDER JALOERSE DAMES, SOOS AANGETOON DEUR DIE 16 PERSOONLIKHEIDSFAKTOR- VRAELYS SAMEVATTENDE PERSOONLIKHEIDSBEELD VAN JALOERSE DAMES BEPERKINGS VAN DIE HUIDIGE STUDIE AANBEVELINGS VIR VERDERE NAVORSING IMPLEMENTERINGSWAARDE VAN DIE STUDIE OPSOMMING VAN BEVINDINGE 170

12 ix HOOFSTUK 7 OPSOMMING 172 BIBLIOGRAFIE 176 LYS VAN FIGURE Figuur 2.1 In Model van romantiese jaloesie 41 LYS VAN TABELLE Tabel 2.1 Jaloesie hanteringstrategiee 75 Tabel 5.1 Beduidenheid van verskille tussen groep 1 (jaloerse dames) en groep 2 (beduidend minder jaloerse dames) ten opsigte van die Eysenck persoonlikheidsvraelys en die IPAT-Angsskaal 145 Tabel 5.2 Beduidendheid van verskille tussen groep 1 (jaloerse dames) en groep 2 (beduidend minder jaloerse dames) ten opsigte van die Jung Persoonlikheidsvraelys 148 Tabel 5.3 Beduidendheid van verskille tussen groep 1 (jaloerse dames) en groep 2 (beduidend minder jaloerse dames) ten opsigte van die 16-Persoonlikheidsfaktorvraelys 150

13 Tabel 6.1 Beduidende persoonlikheidstrekverskille tussen jaloerse dames en beduidend minder jaloerse dames soos vasgestel met behulp van die Eysenck Persoonlikheidsvraelys en die IPAT-Angsskaal 154 Tabel 6.2 Beduidende persoonlikheidstrekverskille tussen jaloerse dames en beduidend minder jaloerse dames soos vasgestel met behulp van die 16-Persoonlikheidsvraelys 160

14 xi SUMMARY A summary of existing and relevant literature confirms that conceptualisation, measuring and determination of the origin of jealousy are currently still in an infantile phase when compared to other psychological phenomena such as anxiety. Jealousy is an emotion that is responsible for considerable emotional and physical suffering and discomfort. Considering society's uneasy silence about jealousy, it would seem that scientific studies about jealousy are warranted. Since personality forms the base from which jealousy originates and from where it ripples outwards to influence relationships between individuals, families, population groups, et cetera, it was decided to undertake a study of the personality of the jealous person. The purpose of the study, therefore, is to determine whether there are statistically significant differences in certain personality dimensions between a group of jealous and a group of significantly less jealous female students at a tertiary institution. Jealousy is discussed on the basis of the current state of literature on the topic. A distinction is made between jealousy and a similar emotional experience namely envy, after which a model of romantic jealousy is presented. The possibility of psychopathology as a result of jealousy is then investigated as well as the typical coping behaviour displayed

15 xii by a jealous person. Furthermore, the relationship between jealousy and personality with specific reference to the typical personality traits of the adult jealous individual is considered. The final sample group consisted of 74 second-year female Psychology students who all study at the same tertiary institution and who are between the ages of 19 and 22 years. The Jealousy Reaction Scale was used to evaluate the repondents with regard to frequency and intensity of the jealousy experiences. As a result of the findings of this measuring, the respondents were divided into two groups, namely a jealous group and a considerably less jealous group. Thereafter, the Eysenck Personality Questionnaire, the IPAT- Anxiety scale, the Jung Personality Questionnaire and the a6 Personality Factor Questionnaire were used to evaluate the following personality traits: Eysenck Personality Questionnaire *Psychotism *Introversion/Extroversion *Neurotism IPAT Anxiety Scale Unconscious anxiety Conscious anxiety

16 xiii Jung Personality Questionnaire Thoughts/Feelings Observation/Intuition 16 Personality Factor Questionnaire Ego weakness/high ego strength Feeling of security/suspicion Naivete/Sagacity Self-assurance/Guilt tendency Group dependence/self-sufficiency Deficient self-sentiment/strong self-sentiment The research design was of an ex post facto nature. The statistical analytical techniques used in the execution of this study, was Hotelling's T-squared test, Student's t-test and the F-test. These tests were applied to determine whether the groups selected on the above criteria, differed significantly or not. The most important findings of this study were the following: - Jealous females, as identified with the Jealousy Reaction Scale, differed from considerably less jealous females with regard to the following personality traits: They are more neurotic They are more anxious on the conscious as well as the unconscious levels They display a larger inclination to guilt feelings

17 xiv * They are more inclined to be group dependent * They are also more inclined to a deficient self-sentiment Where the findings of this study correspond with the results of previous studies, such similarities are emphasised and discussed. Where results were found which other studies did not address, the manner in which such personality traits could lead to jealousy was investigated closely. The implementation value of this study lies in the confirmation of existing studies of jealousy, but also in the creation of new information regarding personality traits in jealous females versus considerably less jealous females. Furthermore, it is suggested that the implementation value of the findings of this study could be especially useful in the clinical milieu.

18 1 HOOFSTUK 1 ORIeNTASIE, MOTIVERING EN DOELSTELLINGS. I. 1 ORIeNTAS I E Jaloesie is so oud soos die mensdom self. Kain en Abel is 'n sprekende voorbeeld hiervan. Ten spyte van die eeue lange belewenis van die emosie, is konseptualisering, meting en vasstelling van oorsaaklikheid daarvan nog in die infantiele fase. Volgehoue pogings om normale en patologiese jaloesie te bestudeer is baie resent (Bringle & Buunk, 1985; Clanton, 1981; Mullen & Maack, 1985; White, 1981a; White & Helbick, 1988) in vergelyking met die studie van ander sielkundige verskynsels sons byvoorbeeld angs. Jaloesie is vandag, anders as 'n dekade of wat gelede, 'n aktuele onderwerp in die Verenigde State van Amerika. Bernhard (1986) voer aan dat daar sedert 1985 heelwat oor jaloesie geskryf word. Ter plaatse is dit egter steeds 'n stom emosie, waaroor min tot op hede in die Suid Afrikaanse konteks geskryf is. Terwyl daar dus op die tuisfront voortgegaan word om die "ongemaklike" emosie te ignoreer in die hoop dat dit sal verdwyn, eskaleer die emosionele pyn en ongemak wat dit veroorsaak.

19 2 Die beskikbare oorsese literatuur fokus op die onderskeid tussen jaloesie en nyd asook die geslagtelike verskille in die belewenis van die emosie. Volgens Bernhard (1986) 18 die verskil tussen jaloesie en nyd in "eienaarskap" van 'n geliefde artikel of persoon: nyd is die gevoel van ontevredenheid en kwaadwilligheid teenoor 'n ander wat die eienaar is van 'n artikel (byvoorbeeld 'n motor) wat deur die nydige persoon begeer word; jaloesie is die gevoel van ontevredenheid en kwaadwilligheid teenoor 'n ander wat die jaloerse persoon wil beroof van 'n kosbare besitting (byvoorbeeld 'n gewaardeerde verhouding). By nyd is die eienaarskap van die gewaardeerde artikel dus nie gesetel in die persoon wat die emosie beleef nie, terwyl dit wel die geval is by jaloesie. Dit is voortaan belangrik om hierdie onderskeid ter wille van konseptuele duidelikheid in gedagte te hou. Sharpsteen (1991) beklemtoon die feit dat die twee geslagte verskillend reageer op die belewenis van jaloesie. Hierdie verskille gaan skynbaar hand-aan-hand met geslagsrolle. Mans is meer geneig om met woede of aggressie (gewoonlik verbaal) teenoor hul mededingers te reageer tydens die belewenis van, jaloesie. Vrouens is meer geneig om te huil sodra hulle alleen is, die indruk teenoor hul verhoudingsmaats te probeer skep dat hulle nie omgee nie en te probeer om hulself mooi te maak vir hul verhoudingsmaats. Dit wil dus voorkom asof mans se optrede gerig is op die handhawing van self-esteem, terwyl

20 3 vrouens se optrede meer daarop gerig is om hul bedreigde verhouding te probeer red in die aangesig van jaloesie (Bryson, 1977). Volgens Salovey en Rothman (1991) is 'n persoon meer geneig om jaloesie of nyd te ervaar indien hulle hulself met 'n ander vergelyk op terreine wat 'n belangrike rol speel in selfdefinisie. Hieruit wil dit dus voorkom asof die persoonlikheid van 'n individu 'n rol kan speel in die belewenis van jaloesie. Die doelwit van die onderhawige studie is dan juis om vas te stel of daar 'n sekere tipe persoonlikheid bestaan wat meer geneig is tot jaloesie. 1.2 MOTIVERING VIR DIE HUIDIGE STUDIE. Jaloesie is 'n universele gevoel. Dit is 'n normale gevoel totdat daarop gereageer word met irrasionele gedrag, in welke geval dit aanleiding kan gee tot patologie. Sodra die grense van rasionaliteit met ander woorde oorgesteek word tydens 'n jaloerse reaksie, word die gevolglike gedrag as patologies beskou. Jaloesie het geen grense nie. Dit is 'n gevoel wat in alle sosiale posisies, intellektuele vlakke, ouderdomme, rasse en ekonomiese strata voorkom. Vrouens beleef gevoelens van jaloesie. Mans kan ekstreme jaloesie ervaar. Kinders is jaloers. Oumense voel jaloers. Enkellopers, geskeide persone, weduwees, wewenaars en getroude persone voel jaloers. Die

21 4 belewenis van jaloesie kan verskil van persoon tot persoon en situasie tot situasie. Die studieveld het dus 'n besondere bree strekwydte. Alhoewel jaloesie 'n emosie is wat algemeen ervaar word, word dit baie selde openlik erken of daaroor gepraat. Die persepsie bestaan eerder dat 'n persoon wat gevoelens van jaloesie sou ervaar, of in 'n sosiale konteks daarna sou verwys, oor een of ander swakheid of onsekerheid beskik (Bernhard, 1986). Dit wil dus voorkom asof dit in die oe van die gemeenskap beter is om liewer gevoelens van jaloesie weg te steek, te ontken of te onderdruk, ter vermyding van sosiale ongemak! Histories gesproke, is 'n sekere mate van jaloesie as normaal en passievol beskou. Dit is selfs gesien as 'n aanduiding of 'n bevestiging van romantiese liefde. Die aanvang van die seksuele revolusie en die beweging tot gelyke regte vir vroue, het egter 'n nuwe persepsie van jaloesie tot gevolg gehad. Na hierdie verwikkelinge is begin om die belewenis van jaloesie te beskou as 'n refleksie van ontoereikendheid of onveiligheid (Bernhard, 1986). Dit wil voorkom asof hierdie persepsie veld gewen het en die populere persepsie van die afgelope paar dekades te geword het. Mettertyd het kontemporere sielkundiges en populere skrywers, wat huweliks- en seksuele verhoudings bestudeer het, jaloesie weer begin propageer as 'n normale gevoel en 'n integrale deel van romantiese liefde (Baumgart, 1990). Die populere gevoel met betrekking tot jaloesie is egter steeds dat dit 'n

22 5 swakheid is wat oorkom moet word, of dat dit 'n gevoel is wat ontken en weggesteek moet word..0m jaloesie te erken, is om 'n mislukte verhouding te erken, en dikwels word skuldgevoelens beleef in samehang met gevoelens van jaloesie (Baumgart, 1990). Die emosionele ongemak en lyding wat die belewenis van jaloesie meebring, kan verlig word deur terapeutiese insette waar overte en koverte hanteringsmeganismes ingeoefen word. 'n Studie van jaloesie en sy korrelate blyk dus besondere verdienste te he. Afgesien van die klaarblyklike waarde wat 'n studie van jaloesie vir die terapeutiese milieu inhou, strek die belang van die studie heelwat wyer, soos blyk uit die volgende: jaloesie is volgens skatting die oorsaak van ongeveer van alle moorde in die Verenigde State van Amerika (White & Mullen, 1989). Jaloesie is ook een van die hoof oorsake van fisiese geweld teenoor vrouens in huweliksverband (Daly, Wilson & Weghorst, 1982). Daly, Wilson en Weghorst (1982) voer verder aan dat jaloesie een van die hoof motiveerders tot misdade in Brittanje is. In 'n nasionale opname onder huweliksterapeute in die Verenigde State van Amerika is gevind dat jaloesie een van die belangrikste fokuspunte is vir die huwelikskonflik van omtrent een derde van alle klientepaartjies onder 50 jaar (White & Mullen, 1989). Studies onder studente toon dat omtrent helfte van alle studente wat al in romantiese verhoudings betrokke was ten minste een romantiese verhouding beeindig het as gevolg van jaloesieverwante redes. Verder het sowat van alle manlike en vroulike studente

23 6 aangetoon dat jaloesie 'n repeterende tema in hul romantiese verhoudings is (White, 1988). Teen hierdie agtergrond van wetenskaplike belang en menslike behoefte, is dit kommerwekkend om te vind dat betreklik min navorsing nog tot op hede gedoen is oor jaloesie. Uit hoofde van bogenoemde bespreking behoort dit duidelik te wees dat gevoelens van jaloesie verantwoordelik is vir heelwat emosionele (en selfs fisiese) lyding en ongemak. Indien in aanmerking geneem word dat die ongemaklike stilswye ten aansien van jaloesie in die sosiale konteks nie eintlik bydra tot verligting van hierdie lyding nie, wil dit voorkom asof enige goedbeplande en wetenskaplike studie oor jaloesie geregverdig is. Die hoop word dan ook uitgespreek dat hierdie studie sal meehelp om opnuut 'n bewussyn vir jaloesie as emosie te kweek. Bewussyn lei dikwels tot insig en insig gaan meestal hand-aan-hand met begrip en resolusie (Bernhard, 1986). Gegee dat jaloesie 'n bree studieveld is, met raakpunte op baie lewensterreine, is 'n afbakening van die studie in terme van die probleemstelling gewens PROBLEEMSTELLING Persoonlikheid is 'n primere faktor wat 'n sleutelrol speel by die ontstaan van jaloesie. Dit vorm die basis van waar jaloesie kan ontstaan om dan wyer uit te kring en sodoende

24 7 verhoudings tussen individue, gesinne, families, bevolkingsgroepe ensovoorts te beinvloed. Persoonlikheid is dus die kleinste bousteen van die sisteem, waar jaloesie as emosie begin om 'n rol te speel. Daar is gevolglik besluit om 'n studie te maak van die persoonlikheid van die jaloerse persoon. Die navorsingsvraag lui dus: is daar persoonlikheidsverskille tussen jaloerse en nie-jaloerse of minder-jaloerse persone? 1.4 DOEL VAN DIE STUDIE Spesifieke doel Die doel van die studie is om te bepaal of daar statisties beduidende verskille is in sekere persoonlikheidsdimensies, tussen 'n groep jaloerse en 'n groep minder-jaloerse dames verbonde aan 'n tersiere inrigting, in die ouderdomsgroep jaar. Die vlak van jaloesie sal gemeet word met die Jaloesie Reaksieskaal (Rich, 1991). Op grond van die tellings wat in die Jaloesie Reaksieskaal behaal word, sal die dames in twee groepe gedeel word. Die boonste 20 % van die kontinuum van tellings op die Jaloesie Reaksieskaal sal groep een vorm en die onderste groep twee.

25 8 Altwee die groepe sal vervolgens 'n persoonlikheidstoetsbattery afle. Die persoonlikheidstoetsbattery bestaan uit vier toetse en dertien veranderlikes sal gemeet word. Die toetse en veranderlikes is soos volg: 1. Eysenck Persoonlikheidsvraelys Neurotisme Introversie/Ekstroversie Psigotisme 2. IPAT-Angsskaal Onbewuste angs Bewuste angs 3. Jung Persoonlikheidsvraelys Denke/Gevoelens Waarneming/Intuisie Persoonlikheidsfaktorvraelys Ego swakheid/hoer egosterkte Gevoel van geborgenheid/agterdogtigheid Naiwiteit/Skerpsinnigheid Selfversekerdheid/Skuldgeneigdheid Groepafhanklikheid/Selfgenoegsaamheid Gebrekkige selfsentiment/ Sterk self sentiment Veranderlikes soos geslag, ouderdom, intellektuele vermoens, sosio ekonomiese stand ensovoorts word in Hoofstuk 4 bespreek.

26 Algemene doel Die algemene doel van hierdie studie is om 'n toevoeging tot bestaande navorsing in die jaloesie-veld te maak en om te bepaal of vorige bevindings in ander lande, in Suid Afrika repliseerbaar is. Verder behoort die studie 'n bydrae te lewer tot teoriebou met betrekking tot jaloesie, asook die generasie van toetsbare hipoteses. In die laaste instansie behoort hierdie studie van nut te wees omdat dit inligting behoort te verskaf oor die terapeutiese hantering van jaloesie. Gevolglik behoort die resultate van die studie van waarde te wees vir terapeute wat met jaloerse persone werk - dit kan die terapeute help met die seleksie van meer effektiewe terapeutiese orientasies en mikrovaardighede, wat gevolglik aanleiding kan gee tot meer suksesvolle terapeutiese uitkomste. Die resultate van die studie kan verder ook 'n belangrike bydrae lewer in enige seleksieproses, waar dit van belang sou wees om persone met 'n geneigdheid tot jaloesie uit te skakel. Hierdie studie kan dus 'n bydrae lewer tot die identifisering van die jaloerse persoon TERMINOLOGIE Jaloesie is 'n emosie wat vroeg in elke individu se lewe sy beslag vind en veral onderling tussen broers en susters tot uiting kom vanwee kompetisie om ouerlike aandag. Die Engelse

27 term vir laasgenoemde tipe jaloesie is "sibling rivalry". Volgens die Taaladviesburo by die Randse Afrikaanse 10 Universiteit is - die Afrikaanse ekwivalent vir laasgenoemde term "sibbe-mededinging". Die korrekte Afrikaanse vertaling vir "sibling" is dan ook "sib". In die loop van die studie is die terms "sibbe-mededinging" asook "sibbe-jaloesie" telkens gebruik. 1.6 OORSIG OOR DIE VOORGESTELDE STUDIE Hoofstuk Een bied 'n rasionaal vir die studie. In Hoofstuk Twee word die teoretiese grondslae van jaloesie onder die loep geneem. 'n Model ter verduideliking van die belewenis van jaloesie word voorgele. Hoofstuk Drie fokus op empiriese grondslae vir die huidige studie, en verwys spesifiek na die beskikbare literatuur oor jaloesie en persoonlikheid. Die eksperimentele ondersoek asook die uitvoering daarvan word in Hoofstuk Vier verduidelik. 'n Beskrywing van die proefpersone, metode van ondersoek, gegenereerde hipoteses en die statistiese prosedures wat aangewend is, word bespreek. Die navorsingsresultate word in Hoofstuk Vyf weergegee. Hoofstuk Ses bied 'n bespreking van die resultate, wys op moontlike toekomstige studies en bied 'n evaluering van die huidige studie asook die gevolgtrekkings wat gemaak is. Hoofstuk Sewe som die studie kortliks op.

28 11 HOOFSTUK 2 JALOESIE. TEORETIESE GRONDSLAE VAN DIE STUDIE. In 'n studie van jaloesie is dit nodig om eers konsensus to bereik oor wat presies bedoel word met die term jaloesie. Daarom word daar aanvanklik onderskeid getref tussen jaloesie en 'n soortgelyke emosionele belewenis, wat dikwels met jaloesie v-erwar word, naamlik nyd. Daarna word die White-Mullen model van romantiese jaloesie aangebied. Hierdie interaktiewe model skep 'n algemene raamwerk waarbinne die oorsake en gevolge van jaloesie verstaan kan word. Die moontlikheid van psigopatologie as een van die gevolge van jaloesie, word dan ondersoek. Ten slotte word daar in hierdie hoofstuk gekyk na die tipiese hanteringsgedrag waarmee 'n jaloerse persoon vorendag kom en die gevolge daarvan op die belanghebbendes in die jaloesie-kompleks TERMINOLOGIESE VERHELDERING Uit die literatuur blyk dit dat daar verwarring bestaan oor die onderskeid tussen jaloesie en nyd (Bernhard, 1986; Buunk, 1977; Clanton & Smith, 1977; Hauck, 1982; Neu, 1980; Parrott, 1991; Salovey & Rodin, 1986; Van Sommers, 1988). Jaloesie en nyd word nie (soos byvoorbeeld vrees of hartseer) deur enige van die bekende teoriee van emosie verklaar nie.

29 12 Sowel jaloesie as nyd word deur 'n groter verskeidenheid faktore veroorsaak en kom tot uiting op 'n groter verskeidenheid wyses as meeste ander emosies (Hindy, Schwarz & Brodsky, 1989). Bekende verklaringsmodelle vir emosies sluit inter alia die James-Lange-teorie, Cannon-Bard- teorie, Schachter-Singer- teorie, Arnold-teorie en die Bem-teorie in (Wolff, 1982). Hierdie modelle het nie direkte relevansie vir die huidige studie nie en sal dus nie onder die loep geneem word nie. Parrott (1991) stel dat wanneer iemand gevra word om 'n jaloerse of nydige ervaring te beskryf, die persoon gewoonlik met 'n beskrywing vorendag kom wat Parrott (1991) 'n "emosionele episode" noem. 'n Emosionele episode sluit in: die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die emosie of die reeks emosies, die emosie(s) self, enige pogings tot selfregulering of hantering wat voorkom, daaropvolgende gebeure en aksies en die resolusie van die emosionele episode. 'n Emosionele episode is met ander woorde die storie van 'n emosionele gebeurtenis. Meeste van die konsepte in sielkundige teoriee wat handel oor emosie is uittreksels uit die emosionele episode. Dit is legitiem om elk van die aspekte van die emosionele episode in eie reg te bestudeer, maar vir behoorlike begrip daarvan, moet daar altyd weer teruggekeer word na die konteks van die emosionele episode waarin dit inisieel voorgekom het (Lazarus, Kanner & Folkman, 1980; White, 1981b).

30 13 Tradisioneel word jaloesie en nyd gedefinieer in terme wat die oortuigings, motiewe en emosionele reaksies van die persoon wat die emosie beleef insluit, met inbegrip van die situasies wat die response ontlok (Parrot, 1988). Nyd kom voor wanneer daar by een persoon (A) iets ontbreek wat 'n ander (B) het, en A dit begeer of wens dat B dit nie gehad het nie. Dit kom voor wanneer superieure kwaliteite, prestasies of besittings van 'n ander gesien word as 'n slegte refleksie op die self. Nyd word tipies ervaar as gevoelens van minderwaardigheid, hunkering of kwaadwilligheid teenoor die benyde persoon (Neu, 1980; Salovey & Rodin, 1986). Jaloesie kom weer voor wanneer 'n persoon vrees dat by 'n belangrike verhouding met 'n ander kan verloor of reeds sy vriend of vriendin aan 'n mededinger moes afstaan. Tipiese gevoelens wat voorkom by die belewenis van jaloesie sluit in vrees vir verlies, woede oor verraaiing en gevoelens van onsekerheid (Hupka, 1984; Mathes, Adams & Davies, 1985). Altwee die terme sal vervolgens in meer besonderheid in oenskou geneem word Nyd Drie aspekte wat met nyd verband hou word vervolgens bespreek naamlik die etiologie van nyd, die verskil tussen kwaadwillige en nie-kwaadwillige nyd en die emosies wat met nyd verband hou.

31 Die etiologie van nyd Sosiale vergelyking speel 'n kernrol by die ontstaan van nyd, omdat dit 'n algemene en sterk invloed uitoefen op selfagting (Heider, 1958). 'n Groot gedeelte van selfagting is afkomstig vanaf vergelyking met ander (TeSser & Campbell, 1980). Wanneer 'n persoon se vermoens, prestasies of besittings swak vergelyk met die van 'n ander, bestaan die potensiaal vir die verlaging van die persoon se selfagting en openbare aansien, wat aanleiding gee tot die ontstaan van nyd (Salovey & Rothman, 1991). Sosiale vergelyking kan ook op ander wyses lei tot nyd. So kan sosiale vergelyking byvoorbeeld lei tot nyd deur 'n persoon meer bewus te maak van sy eie tekortkominge. Dit kan ook gevoelens van nyd verhoog deur die feit te beklemtoon dat swaarkry nie deur almal gedeel word nie (Salovey & Rothman, 1991). Nie alle negatiewe sosiale vergelykings lei egter tot nyd nie. Mense voel nie gewoonlik nydig oor die Oppenheimers se rykdom nie, omdat hierdie diskrepans nie noodwendig sleg op hulle reflekteer nie. Dit is wanneer die diskrepans tussen iemand anders se sukses en 'n persoon se eie mislukking die aandag op die persoon se tekortkominge vestig dat nyd ontstaan (Parrott, 1991). Persoonlikheid kan ook 'n groot rol speel by die ontstaan van nyd al dan nie by 'n persoon. 'n Persoon wat gepredisponeer is om minderwaardig en gegrief te voel teenoor 'n ander wat

32 15 byvoorbeeld oor 'n beter eienskap as hyself beskik, eerder as geinspireer en gemotiveer om te-verbeter, sal gevoelens van nyd ervaar. So ook wanneer 'n persoon 'n ander se sukses as 'n persoonlike verlies konstrueer, eerder as tot voordeel van die groter geheel waarvan by deel is (Salovey & Rothman, 1991). Sodra die voorwaardes vir die ontlokking van nyd bestaan, kan die emosie verskeie vorms aanneem. Parrott (1991) is van opinie dat dit sinvol is om die verskillende vorms van nyd in twee hoof groepe te kategoriseer naamlik "kwaadwillige nyd" en "nie- kwaadwillige nyd" Kwaadwillige nyd en nie-kwaadwillige nyd: Parrott (1991) voer aan dat die onderskeid tussen kwaadwillige en nie-kwaadwillige nyd al sedert antieke tye bestaan, weliswaar nie noodwendig met dieselfde benaminge daarvoor nie, maar in essensie stem die begrippe ooreen. Volgens Parrott (1991) het Aristoteles al aangevoer dat sekere vorms van nyd mense motiveer om hulself te verbeter, terwyl ander vorms van nyd mense motiveer om goeie dinge van ander weg te neem. Moderne skrywers sons Neu (1980) behou baie van Aristoteles se oorspronklike betekenis, en inkorporeer die rol van selfagting en gevoelens van minderwaardigheid by die ontstaan van nyd. Die fokus van nie-kwaadwillige nyd is "Ek wens dat ek kon he wat jy het." Die nyd mag op verskeie maniere ervaar word: as minderwaardigheid teenoor die benyde persoon, 'n hunkering of

33 16 smagting na wat die ander het, wanhoop om dit ooit te h8, determinasie om jouself te verbeter, of bewondering van die benyde persoon. Die fokus van kwaadwillige nyd aan die ander kant is "Ek wens jy het nie gehad wat jy wel het nie" (Neu, 1980). Die fokus van kwaadwillige nyd is met ander woorde die verwydering of destruksie van die benyde objek of kwaliteit. Die persoon wat aan kwaadwillige nyd ly sou wou h8 dat die pragtige motor gesteel moet word of dat die eerbare en deugsame persoon doodgemaak of verlei moet word. Kwaadwillige nyd kan egter ook die delusie insluit dat die ander persoon op een of ander wyse die oorsaak is van jou minderwaardigheid en dus jou ongelukkigheid. Daarom kan dit ervaar word as woede of 'n wrok teenoor die benyde persoon oor 'n sogenaamde onregverdigheid wat uiteindelik verder kan veralgemeen tot haat (Silver & Sabini, 1978). Nyd is 'n emosie wat oor 'n tydperk ontwikkel. Dit bestaan met ander woorde nie noodwendig slegs uit een statiese emosie of belewenis nie, maar eerder uit 'n stel reaksies wat oor tyd ontwikkel. Na aanleiding hiervan voer Sharpsteen (1991) aan dat dit moontlik is om minstens ses emosies te onderskei wat as deel van die nydreaksie ervaar kan word Die emosionele belewenis van nyd In die eerste instansie sluit nyd gewoonlik 'n intense hunkering in na iets wat aan 'n ander behoort. Hierdie hunkering ontstaan as gevolg van bewuswording van die gewensde

34 17 objek of kwaliteit. Gevolglik lei die hunkering of begeerte tot frustrasie as gevolg van 'n gebrek aan die objek of kwaliteit met die wete dat 'n ander persoon daartoe in staat is om dit to besit (Sharpsteen, 1991). Wanneer 'n nydige persoon op sy eie tekortkominge fokus in kontras met die eienskappe van die benyde persoon, ontstaan 'n bewussyn van sy minderwaardigheid en die implikasies daarvan vir sy selfagting en sy openbare aansien. Hierdie gevoelens van minderwaardigheid gaan hand-aan-hand met 'n belewenis van hartseer (omdat die persoon homself as ontoereikend beleef) en angs (as gevolg van gevoelens van onsekerheid omtrent die self) (Sharpsteen, 1991). Dit gebeur soms dat die nydige persoon (A) beleef dat sy gevoelens van nyd die gevolg is van voordele of genietinge wat hom (A) toekom, maar wat onregverdiglik aan die benyde persoon (B) gegee is. Sodanige konstruksie kan gewis aanleiding gee tot woede en gebelgdheid en heel moontlik ook tot gevoelens van haat teenoor die benyde persoon (Sharpsteen, 1991). 'n Verdere emosionele belewenis wat met nyd gepaard gaan, spruit voort uit die bewussyn dat die kwaadwillige wense jeens die benyde persoon nie deur hom verdien word nie. In reaksie hierop kan die nydige persoon skuldig en skaam voel. Hierdie tipe belewenis is kenmerkend van die morele stryd waarin nydige persone dikwels met hulself gewikkel is (Sharpsteen, 1991).

35 18 'n Laaste emosionele belewenis wat volgens Sharpsteen (1991) soms met nyd geassosieer word, is bewondering - 'n waardering van die benyde persoon se goeie kwaliteite. Kierkegaard (1849/1954) stel dat "Admiration is happy self-surrender; envy is unhappy self-assertion" (p.217). Nydige persone met gevoelens van minderwaardigheid en gebelgdheid, kan bewondering ervaar wanneer hulle hul aandag verskuif vanaf hul eie tekortkominge, en die onregverdigheid daarvan, na die kwaliteite van die persoon wie se gedrag/optrede aanvanklik gelei het tot die belewenis van nyd. Bewondering kan veroorsaak dat nydige persone n poging begin aanwend om hulself te verbeter deur die voorbeeld van die benyde persoon na te volg. Sharpsteen (1991) is van mening dat werklike episodes van nyd een of meer van bogenoemde tipe ervarings sal insluit. Welke van bogenoemde ervarings manifesteer sal afhang van hoe 'n situasie geinterpreteer word en op watter aspekte van 'n situasie gefokus word. Daar bestaan gevolglik twee determinante wat die verloop en gepaardgaande emosionele belewenisse van 'n nydservaring beinvloed: die geloof van die nydige persoon dat by onregverdig behandel is of die oortuiging dat sy agterstand sy eie skuld is. Navorsing gedoen deur Parrott (1991) suggereer dat indien 'n persoon se eie kwaliteite gesien word as verantwoordelik vir sy swak prestasie in vergelyking met 'n ander, sy mees waarskynlike respons gevoelens van minderwaardigheid

36 19 asook motivering om homself te verbeter sal insluit. Indien onregverdige behandeling waargendem word, sal gevoelens van woede en gebelgdheid die botoon voer. Soos reeds aangedui, staan jaloesie apart van nyd. Jaloesie word vervolgens onder die loep geneem Jaloesie In hierdie afdelig word gepoog om groter konseptuele duidelikheid ten opsigte van jaloesie te bewerkstellig. Vervolgens sal daar ondersoek ingestel word na wat jaloesie is, waar dit voorkom, wanneer dit voorkom, en die verskillende vorms waarin die emosie kan manifesteer Inleiding tot bespreking van jaloesie Jaloesie is die emosie wat ervaar word wanneer 'n persoon gekonfronteer word met 'n dreigende verlies van 'n belangrike verhouding met 'n ander persoon (verhoudingsmaat) as gevolg van die teenwoordigheid van 'n mededinger. Die mededinger is gewoonlik 'n derde persoon. 'n Verlies wat nie verhoudingsbetrokkenheid van die maat by 'n mededinger insluit nie, het nie jaloesie tot gevolg nie. Jaloesie ontstaan byvoorbeeld nie wanneer 'n persoon se verhoudingsmaat sterf of moet wegtrek of hom verwerp sonder om 'n nuwe verhouding met iemand anders aan te knoop nie (Mathes

37 20 et al., 1985). Die bedreiging moet met ander woorde die verlies van die verhouding aan mededinger insluit, ongeag of dit nog slegs die moontlikheid van 'n verlies is wat gevrees word, 'n verlies in die hier en nou is, of 'n verlies wat reeds plaasgevind het. Die mees algemene gevalle waar jaloesie voorkom is in romantiese verhoudings. 'n Vorm van jaloesie wat oor die jare wye bekendheid verwerf het is die sogenaamde sibbe-jaloesie ("sibling rivalry"). Jaloesie kan egter ook voorkom onder vriende, werknemers met dieselfde baas, studente van dieselfde onderwyser ensovoorts. Dit is nie 'n voorvereiste dat daar romantiese liefde in die verhouding betrokke moet wees,. vir die ontstaan van jaloesie nie. Die mededinger hoef ook nie noodwendig 'n persoon to wees nie: 'n,man kan jaloers wees op sy vrou se liefde vir haar studies, 'n vrou kan jaloers wees op haar man se liefde vir sy nuwe motor (Tov-Ruach, 1980). Volgens Parrott (1991) bestaan daar egter altyd 'n verhoudingsdriehoek by die belewenis van jaloesie. Die een sy van die driehoek verteenwoordig die verhouding tussen twee mense, die jaloerse persoon en sy verhoudingsmaat; die ander sy van die driehoek verteenwoordig die verhouding tussen die verhoudingsmaat en die mededinger; terwyl die derde sy die houding van die jaloerse persoon teenoor die mededinger voorstel.

38 Etiologie van jaloesie 'n Verskeidenheid van verhoudings en mededingers kan aanleiding gee tot die ervaring van jaloesie. Die uitdaging is dus daarin gelee om te probeer om die aard van die bedreiging wat jaloesie tot gevolg het, vas te stel. Uiteraard kan dit nie die verlies van romantiese liefde wees nie, aangesien jaloesie ook voorkom in nie-romantiese verhoudings. Een moontlike faktor wat tot jaloesie aanleiding kan gee, is die verlies van 'n ander se aandag (Neu, 1980; Tov-Ruach, 1980). Dit is ook nie enige aandagverlies wat lei tot jaloesie nie. Mens raak byvoorbeeld nie jaloers wanneer 'n skakelbord operateur jou laat wag vir 'n telefoniese gesprek nie! Tov-Ruach (1980) is van mening dat verlies van aandag wat 'n rol speel in die handhawing van 'n persoon se selfkonsep, tot jaloesie aanleiding gee. Hy gebruik die term "vormgewende aandag" om die konsep van jaloesie te verduidelik, en lig dit toe met die volgende voorbeeld: indien 'n skaakspeler (B) skielik begin skaak speel saam met 'n nuwe skaakmaat (C), sal sy oorspronklike skaakmaat (A) nie jaloers wees op die nuwe skaakmaat (C) nie, tensy (B) se gereelde geselskap vormgewende aandag aan (A) verskaf het. Die vormgewende aandag kan moontlik daartoe bygedra het dat die oorspronklike maat (A) homself as 'n interessante of 'n waardige opponent gesien het (Tov-Ruach, 1980). Die kern van jaloesie bestaan dus volgens Tov-Ruach (1980) uit

39 22 'n behoefte dat ander jou moet nodig h8 ("a need to be needed") (p. 466). Hierdie behoefte het sy ontstaan to danke aan die feit dat sekere aspekte van die self slegs in 'n interpersoonlike konteks kan bestaan. Sekere aspekte van die self is dus intrinsiek interpersoonlik (Tov-Ruach, 1980), inter alia opvattings van eie populariteit, seksuele aantreklikheid, humorsin ensovoorts. 'n Vaste verhouding waarin hierdie interaksies voorkom is onder andere 'n konstante bron van selfdefinisie. Die bedreiging van die verlies van so 'n verhouding is daarom die bedreiging van verlies van aspekte van die self. Prototipiese gevalle van jaloesie het betrekking op romantiese liefde. Dit kan ook volgens Tov-Ruach (1980) aan die hand van vormgewende aandag verduidelik word. Indien iemand jaloers is op sy skaakmaat se belangstelling in 'n ander speler, is die aspekte van die self wat bedreig word gewoonlik nie 'n sentrale of substansiele deel van die selfkonsep nie. Aan die ander kant', indien 'n persoon jaloers is op sy verhoudingsmaat se belangstelling in 'n romantiese mededinger, is die aspekte van die self wat bedreig word meestal sentraal. Interessant genoeg is die kragtigste vorm van jaloesie wat by kinders voorkom die sogenaamde sibbe-jaloesie. Die verhouding wat bier bedreig word, is die belangrikste verhouding vir 'n kind, naamlik die ouer-kind verhouding. Die hoofrede vir die afname in sibbe-jaloesie en toename in romantiese jaloesie gedurende adolessensie, is volgens Dunn en Kendrick (1982) die afname in belangrikheid van die ouers en die toename in belangrikheid

40 23 van romantiese verhoudingsmaats in die handhawing van die mees belangrike aspekte van die self. 'n Aantal teoretici en navorsers blyk dus van mening te wees dat die etiologie van jaloesie teruggevoer kan word tot aandagsverlies. Verskillende benaderings tot jaloesie word vervolgens verduidelik Klassifiserings en omskrywings van jaloesie Rusbult, Verette, Whitney, Slovik en Lipkus (1991) voer aan dat jaloesie as sekondere emosie saamgestel is uit verskeie ander emosies. Die konteks waarin jaloesie beleef word speel dus 'n belangrike rol ter bepaling van die samestellende emosies waaruit 'n jaloesie belewenis sal bestaan. Gevolglik word twee benaderings onderskei in 'n poging om die ervaring en omvang van jaloesie te probeer verstaan. Die eerste benadering is om die belewenis van jaloesie redelik eng te definieer en om dit sodoende te beperk tot 'n sekere tipe emosionele belewenis. Die tweede benadering is om 'n wyer definisie van jaloesie daar te stel. Dit het die voordeel dat dit alle moontlike gebruike van die term jaloesie dek, maar het die nadeel van konseptuele losheid. Parrott (1991) is van mening dat albei benaderings tot die definisie van jaloesie nuttig is. Die eng definisie is bruikbaar as gevolg van sy konseptuele duidelikheid. Die wye definisie is bruikbaar omdat dit groter begrip bewerkstellig vir die ryke verskeidenheid

41 van ervarings wat voorkom tydens emosionele episodes van jaloesie. 24 Met bogenoemde eng definisie in gedagte, kan jaloesie omskryf word as 'n emosionele belewenis wat voorkom na die verlies van vormgewende aandag. Met die wyer definisie in gedagte, kan jaloesie omskryf word as agterdogtige of feitlike jaloesie. Afgesien van laasgenoemde klassifiserings, word vervolgens ook ondersoek ingestel na die invloed van jaloesie op die temporale status van 'n verhouding en na jaloesie as sosiaal fenomenologiese situasie Jaloesie as gevolg van die verlies van vormgewende aandag. 'n Eng definisie van jaloesie as 'n enkel tipe emosionele belewenis, behoort volgens Parrott (1991) onderskei te word as 'n tipe angstige onsekerheid wat volg op die persepsie van 'n bedreiging in 'n verhouding wat vormgewende aandag verskaf. Die bewuswording van sodanige bedreiging laat die persoon onseker voel oor die status van die verhouding, asook oor aspekte van selfkennis wat opgedoen is in die verhouding. Wat hierdie angs onderskei van ander angs is dat dit terselfdertyd 'n vrees is om die verhouding en die self te verloor. Indien daar 'n ervaring is wat uniek is aan jaloesie, hetsy romantiese jaloesie, jaloesie tussen sibbe of enige ander vorm van jaloesie, blyk dit hierdie gevoel van vrees en onsekerheid te wees.

42 Agterdogtige en feitlike jaloesie Indien die ervaring van jaloesie wyer gedefinieer sou word, naamlik as 'n kenmerkende konstellasie van emosionele ervarings, kan dit 'n verskeidenheid vorms aanneem. Onderskeid moet gevolglik gemaak word tussen verskillende situasies wat jaloesie veroorsaak. Die belangrikste onderskeid het betrekking op die aard van die bedreiging op die verhouding (Parrott, 1991). Jaloesie mag voorkom wanneer die bedreiging slegs vermoed word en die aard daarvan nog onduidelik is, of dit mag voorkom wanneer die bedreiging onomwonde is en die effek daarvan op die verhouding bekend en reeds gedaan is. Wanneer die bedreiging nog onduidelik of slegs vermoed is, kan die resulterende jaloesie "agterdogtige jaloesie" genoem word, omdat die dominante reaksies betrekking het op vrese en onsekerhede. Wanneer die bedreiging op die verhouding egter onomwonde en skadelik is, kan die resulterende jaloesie "feitlike jaloesie" genoem word, aangesien die bedreiging 'n voldonge feit is. In elk van hierdie situasies kan jaloesie ervaar word op 'n verskeidenheid maniere (Parrott,1991). Hierdie onderskeid is soortgelyk aan een wat gemaak is deur Hupka (1989) waar by stel dat verskillende ervarings van jaloesie volg op verskillende vlakke van bedreiging. Hupka (1989) onderskei lae, gemiddelde en hoe vlakke van bedreiging. Sy kategoriee van lae en gemiddelde vlakke van bedreiging stem rofweg ooreen met Parrott (1991) se agterdogtige jaloesie, terwyl sy kategorie van hoe bedreiging rofweg ooreenstem met Parrott (1991) se feitlike jaloesie.

43 26 Agterdogtige jaloesie kom voor wanneer 'n persoon glo dat sy verhoudingsmaat besig mag wees om die tipe aandag wat vormgewend is in hul verhouding aan 'n mededinger oor te dra. Die kenmerkende belewenis by hierdie vorm van jaloesie is angs en onsekerheid, ooreenstemmend met die eng beskrywing van jaloesie wat hierbo beskryf is. Die belangrikheid van die verhouding, die onsekerheid betreffende die status daarvan en die jaloerse persoon se onsekerheid omtrent die self, skep angs, en hierdie onsekerheid motiveer die persoon om vas te stel of daar grond vir sy vrese is. Dit lei weer tot 'n verskeidenheid kognitiewe simptome wat kenmerkend is van die jaloerse persoon. Dit sluit in agterdog, onvermoe om te konsentreer, bepeinsings en preokkupasies, fantasies van die verhoudingsmaat en die mededinger in 'n wonderlike verhouding, en 'n oorsensitiwiteit vir wenke of ontevredenheid aan die kant van die verhoudingsmaat. Hupka (1989) stel dat hierdie kognitiewe simptome net so deel is van die ervaring van agterdogtige jaloesie soos die ander aspekte van angs. Ander emosies mag ook voorkom. Dikwels ken die jaloerse persoon sy mededinger, en deur te fokus op hul verhouding, kan ander emosionele toestande, soos verwarring, onrus, nyd, woede en emosionele pyn ontstaan. Feitlike jaloesie is weer redelik vry van angs oor die status van die verhouding, aangesien dit in hierdie geval gewoonlik reeds duidelik is. Die kenmerkende ervarings van hierdie vorm van jaloesie hang meestal of van die fokus van aandag van die jaloerse persoon. Indien die fokus op die verlies van die

44 27 verhouding val, is die belewenis een van hartseer of seerkry; as die fokus op die verraaiing van die verhoudingsmaat of die mededinger val, is die belewenis een van woede; as die fokus op eie ontoereikendheid val, is die ervaring een van depressie en angs; as die fokus op die stres van hantering van nuwe sosiale status val, is,die belewenis een van angs, en indien die fokus op die meerderwaardigheid/superioriteit van die mededinger val, word nyd ervaar. Laasgenoemde is 'n paar van die algemene belewenisse wat volgens Parrott (1991) aangetref word by die jaloerse persoon, wat feitlike jaloesie ervaar. Positiewe gevoelens sons verligting of vreugde kan egter ook ontstaan, afhangend van waarop die aandag gefokus word (Hupka, 1984). Samevattend blyk dit dat agterdogtige jaloesie gekenmerk word deur onsekerheid oor die voortduur van die verhouding. Gevolglik is daar 'n groter voorkoms van agterdog en wantroue, meer vrees, afwagting, angs en bekommernis, asook meer intense gevoelens van bedreiging en vrees vir verlies van die kosbare verhouding. Feitlike jaloesie daarenteen word gekenmerk deur die wete dat die jaloesie-lyer se verhouding iets van die verlede is. Gevolglik is daar 'n groter hunkering na die intimiteit wat ander paartjies deel asook groter skuldgevoelens wat veroorsaak word deur die hoop dat hierdie paartjies se verhoudings ook skipbreuk sal ly. Altwee laasgenoemde tendense is simptome van nyd, wat dikwels 'n komponent uitmaak van feitlike jaloesie.

45 Temporale status van verhoudings en-jaloesie. 28 Die klassifikasie van jaloesie kan ook gegrond word op die temporale status van 'n gegewe verhouding. Die mees voor die handliggende konteks waarin jaloesie aangetref word is in die bestek van 'n bestaande verhouding. Die bestaan van 'n verhouding is egter nie 'n noodwendige voorvereiste vir die voorkoms al dan nie van jaloesie nie. In baie gevalle ontstaan jaloesie in respons op bedreigings van verhoudings wat nog nie eens bestaan nie, of wat nog slegs in 'n vroe8 informele fase van ontwikkeling is. Ander gevalle van jaloesie kom voor lank na 'n verhouding al beeindig is, byvoorbeeld wanneer 'n vorige verhoudingsmaat saam met iemand anders by 'n funksie raakgesien word. Drie temporale situasies wat aanleiding gee tot jaloesie kan dus onderskei word to wete verhoudings waarop nog slegs gehoop word, verhoudings wat huidiglik bestaan en verhoudings wat reeds iets van die verlede is (Van Sommers, 1988). Indien daar nog slegs op 'n verhouding gehoop word, is die mees voor die handliggende aspekte van jaloesie wat beleef word wensdenkery, begeerte vir wat ander het, verleentheid en skuldgevoelens met betrekking tot die ontoepaslikheid van vyandige jaloersegevoelens wat voorkom. Duidelik afwesig is agterdog, wantroue, vrees vir verlies en ontsteltenis oor verraaiing. Wanneer daar van 'n bestaande verhouding sprake is, is vrees vir verlies, agterdog en wantroue 'n inherente deel van die belewenis, terwyl begeerte vir wat ander het en