NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Size: px
Start display at page:

Download "NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11"

Transcription

1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 MODEL 2007 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

2 Inligtingstegnologie/V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie is 'n drie-uur-eksamen. As gevolg van die aard van die eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voor die einde van die eksamensessie nie. 2. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord AL die vrae. 3. Skryf jou naam en eksamennommer op die etiket van die disket sodra dit aan jou verskaf is. Die volgende lêers is voorsien op die disket: WerkersInfo.xls Epos.txt Akronieme.txt 4. Stoor jou werk met gereelde tussenposes as 'n voorsorgmaatreël teen kragonderbrekings. 5. Lees AL die vrae aandagtig deur. Doen slegs wat die vraag vereis. 6. Aan die einde van die eksamensessie sal daar van jou verwag word om SLEGS die disket, wat die toesighouer vir jou gegee het, in te lewer. Jy moet seker maak dat AL die lêers op die netwerk gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser verduidelik is. Maak seker dat AL die lêers leesbaar is. 7. Jy mag van die handleidings wat saam met die oorspronklike hardeware en sagteware voorsien is, gebruik maak. Jy mag ook van die HELP-funksies van die sagteware gebruik maak. Java-kandidate mag van die Java API-lêers gebruik maak. Jy mag NIE van enige ander bronne gebruik maak nie. 8. AL die drukwerk van die programmeringsvrae sal binne EEN uur nadat die eksamen afgehandel is, plaasvind.

3 Inligtingstegnologie/V1 3 Jy is deur XYZ Meubelwinkel in diens geneem om 'n klein databasis te skep om die persoonlike besonderhede van die verkoopspersoneel vas te lê. Jy moet ook boekhou van die verkope van elke verkoopspersoneellid. VRAAG 1: DATABASIS 1.1 Skep 'n databasis met die naam MeubelsDB en voer dan die volgende take uit: Trek die data van die sigbladlêer met die naam WerkersInfo (op die eksamen-cd) in 'n tabel met die naam WerkersTabel in. Die tabel met die naam WerkersTabel behoort nou die inligting oor die werknemers van XYZ Meubelwinkel te bevat, soos aangedui in die tabel hieronder: Verander die groottes van die velde en die datatipes om meer toepaslik met die data wat in die tabel vertoon word, ooreen te stem. (2) Maak seker dat die Oud-veld nie 'n waarde kleiner as 20 en meer as 65 sal aanneem nie. (2) Maak seker dat die WerkerKode TWEE karakters, gevolg deur EEN syfer, as toevoer sal toelaat. (2) Stel 'n geskikte primêre sleutel vir die WerkersTabel in. (1) (2)

4 Inligtingstegnologie/V Die pyltjies in die tabel hieronder, dui verkope deur die verkoopspersoneel aan: Bintal Bala Dlamini Sbu Jack Bishu Jack Smith Skep 'n tweede tabel met die naam VerkoopTabel en gebruik die inligting in die tabel hierbo. Die groottes van die velde en die datatipes moet geskik wees. (3) 1.3 Skep 'n navraag met die naam AlfaLys om die besonderhede van AL die personeel in stygende ('ascending') volgorde volgens Van en dalende ('descending') volgorde volgens Noemnaam te vertoon. (3) 1.4 Skep 'n navraag met die naam TotaleKoste wat 'n berekende veld insluit om die totale koste te bereken (HoeveelVerkoop * EenheidsPrys) van elkeen van die verkope in die tabel genoem VerkopeTabel. Vertoon AL die velde in die navraag. (2) 1.5 Voeg 'n addisionele vreemde veld by die VerkopeTabel om voorsiening te maak vir die skep van 'n verwantskap tussen die VerkopeTabel en die WerkersTabel. Skep 'n een-tot-baie-verwantskap tussen die VerkopeTabel en die WerkersTabel en pas referensiële integriteit toe. (4) 1.6 Skep 'n navraag met die naam EersteVerkope wat die Van en die Noemnaam van al die verkoopspersoneel, wat 5 of meer items in die eerste helfte van 2006 verkoop het, sal vertoon. (3) 1.7 Voeg 'n addisionele veld met die naam Titel by die tabel genoem WerkersTabel. Skep nou 'n vorm genoem WerkersVorm wat AL die velde sal vertoon. Die vorm moet 'n 'combo box' vir die Titel-veld insluit, waar die gebruiker toegelaat word om uit die volgende opsies te kies: Mnr., Mev. of Mej. (4) 1.8 Skep 'n verslag genoem WerkersVerslag wat AL die velde van die werkers, wie se Noemnaam begin met die letter 'J' of 'P', sal vertoon. Vertoon ook die gemiddelde ouderdom van hierdie werknemers onderaan die lys. (5) [33]

5 Inligtingstegnologie/V1 5 VRAAG 2: PROGRAMMERING Die XYZ Meubelwinkel het 10 verkoopswerknemers. Oor 'n sekere tydperk was daar slegs 5 verkoopswerknemers wat in staat was om artikels te verkoop. Die XYZ Meubelwinkel het besluit om 2 van die verkoopswerknemers met 'n reis na New York te beloon. Die volgende kriteria moet gebruik word om hierdie 2 verkoopswerknemers te kies: Die som van hulle twee grootste verkoopsbedrae moet meer as R5 000,00 (sien die tabel in VRAAG 2.3) wees. Hulle gemiddelde verkope moet meer as R2 000,00 wees. Dit is moontlik dat twee werknemers, of slegs een, of geen van die werknemers gekies word om New York toe te gaan nie. 'n Werknemer mag slegs een maal geëvalueer word. Die proses van seleksie word gestaak wanneer twee werknemers gekies is om New York toe te gaan óf wanneer al die werknemers geëvalueer is. Skryf 'n program/klas genoem Kompetisie, wat metodes/prosedures en parameteroordrag gebruik om die volgende te doen: (In Java mag jy ook 'n uitvoerklas genoem ToetsKompetisie skep, as jy dit so verkies.) 2.1 Vra die gebruiker om 'n heelgetal in die gebied 1 tot 5 in te sleutel. (1) 2.2 Skryf 'n metode/funksie genoem krynaam om die naam van 'n werknemer in te sleutel wat ooreenstem met die getal wat in VRAAG 2.1 ingesleutel is. (Gebruik die datatabel in VRAAG 2.3.) (4) 2.3 Skryf 'n metode/funksie genoem kryskikdata om die vier beste verkoopsyfers van die werknemer wat in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 geselekteer is, in 'n skikking in te lees. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel. Stuur die nommer van die werknemer oor as 'n parameter na die metode/funksie genoem kryskikdata. Die vier beste verkoopsyfers van elke werknemer word in die onderstaande tabel vertoon: 1 Bala Bintal R2 000 R4 000 R3 000 R Sbu Dlamini R3 000 R6 000 R2 000 R Bishu Jack R2 000 R2 000 R2 000 R Smith Jack R1 000 R2 000 R3 000 R Smith Pam R4 000 R5 000 R3 000 R2 000 (6) 2.4 Skryf 'n metode/prosedure genoem sorteer wat die skikking met die verkoopsyfers sal sorteer. Jy mag NIE enige voorafgedefinieerde sorteermetode/-prosedure gebruik wat in die programmeringstaal van jou keuse beskikbaar is, om die sortering te doen nie. (6)

6 Inligtingstegnologie/V Skryf 'n metode/prosedure genoem kwalifiseer om te bepaal of die werknemer kwalifiseer om na New York te gaan deur die kriteria toe te pas wat in die inleiding van VRAAG 2 genoem is, naamlik: Die som van hulle twee grootste verkoopsbedrae moet meer as R5 000,00 wees. Hulle gemiddelde verkope moet meer as R2 000,00 wees. Die kwalifiseer-metode/prosedure moet die sorteer-metode/prosedure wat jy in VRAAG 2.4 geskryf het, roep. Die kwalifiseer-metode/prosedure moet ook die volgende afvoer vertoon: Die gemiddelde verkoopsyfer Die hoogste twee verkoopsyfers Die naam van die werknemer 'n Boodskap wat aandui of the werknemer na New York toe gaan of nie (12) 2.6 Voltooi die program/klas deur die relevante metodes/prosedures/funksies te roep. Onthou dat die proses van seleksie gestaak moet word wanneer twee werknemers geselekteer is óf wanneer al die werknemers geëvalueer is. Neem aan dat die gebruiker elke werknemer se nommer slegs een maal sal inlees. (15) 2.7 Vertoon die boodskap 'Niemand gaan na New York nie', indien AL die nommers van die werknemers ingelees is en niemand aan die kriteria voldoen nie. (2) 2.8 Stoor 'n kopie van die program/klas/klasse. (1) 2.9 Verander die naam van jou program/klas na KompetisieB en stoor dit. (As jy ook 'n uitvoerklas in Java geskep het, verander die naam daarvan na ToetsKompetisieB.) Pas die program/klas op so 'n manier aan dat die nommers van die werknemers nie meer deur die gebruiker ingelees word nie. In plaas daarvan moet die program die nommers ewekansig (na willekeur) op die volgende manier genereer: Genereer 'n ewekansige heelgetal binne die gebied 1 tot 5. Die gebruiker sal nou gevra word om die naam en die verkoopsyfers in te lees van die werknemer wie se nommer ewekansig deur die program gegenereer is. (Die gebruiker moet steeds die data in die tabel in VRAAG 2.3 gebruik as toevoer om die program te toets.) Die program moet seker maak dat dieselfde werknemer nie twee maal geëvalueer word nie. Indien 'n ewekansige getal reeds voorheen gegenereer is, moet die program aanhou om ewekansige getalle te genereer, totdat geen vorige gelykheid gevind word nie. Die res van die program bly soos wat die spesifikasies in VRAAG 2.2 tot VRAAG 2.7 aandui. (5)

7 Inligtingstegnologie/V1 7 Voorbeeld van toevoer en afvoer van VRAAG 2.1 tot VRAAG 2.7 (waar die gebruiker die werknemer se nommer intik): Tik asb. die werknemer se nommer in: 2 Wat is die naam van werknemer nommer 2?: Sbu Dlamini Tik asb die data in van werknemer nommer 2 Verkoopsyfer 1 asb?: Verkoopsyfer 2 asb?: Verkoopsyfer 3 asb?: Verkoopsyfer 4 asb?: Gemiddeld 3 500,0 Twee beste verkoopsyfers 3 000, ,0 Sbu Dlamini gaan na New York Tik asb. die werknemer se nommer in: 1 Wat is die naam van werknemer nommer 1?: Bala Bintal Tik asb die data in van werknemer nommer 1 Verkoopsyfer 1 asb?: Verkoopsyfer Item 2 asb?: Verkoopsyfer Item 3 asb?: Verkoopsyfer Item 4 asb?: Gemiddeld 2 750,0 Twee beste verkoopsyfers 3000, ,0 Bala Bintal gaan na New York Voorbeeld van toevoer en afvoer vir VRAAG 2.9 (met werknemernommers wat ewekansig gegenereer word): Ewekansige getal : 3 Wat is die naam van werknemer nommer 3?: Bishu Jack Tik asb. die data in van werknemer nommer 3 Verkoopsyfer 1 asb?: Verkoopsyfer 2 asb?: Verkoopsyfer 3 asb?: Verkoopsyfer 4 asb?: Gemiddeld 1 750,0 Twee beste verkoopsyfers 2 000, ,0 Bishu Jack gaan nie na New York toe nie Ewekansige getal: 1 En so aan... [52]

8 Inligtingstegnologie/V1 8 VRAAG 3: PROGRAMMERING Die XYZ Meubelwinkel se bestuurspan stuur op 'n gereelde basis e-posse aan hulle verkoopswerknemers. Die verkoopswerknemers kla dat dit moeilik is om die e-posse te lees, as gevolg van die groot aantal akronieme wat die e-posse soms bevat. Die volgende teks is 'n voorbeeld van 'n e-pos wat gestoor is in die lêer met die naam 'Epos.txt' (op die eksamen-cd): Beste Personeellid, Neem kennis dat die PC in jou kantoor soos volg opgegradeer sal word: Die RAM sal opgegradeer word na 512 MB. 'n USB-poort sal by die PC gevoeg word. Die hardeskyf sal met 'n 80 GB-hardeskyf vervang word. Jy kan aanvaar dat daar slegs een spasie tussen woorde is. Buiten 'n spasie, kan daar ook 'n punt (. ), 'n komma (, ) of 'n dubbelpunt ( : ) tussen woorde wees. Die bestuurspan het dus 'n tekslêer geskep genoem 'Akronieme.txt' (op die eksamencd) wat 'n lys van akronieme bevat en waarvoor elkeen staan, soos hieronder aangedui: USB: Universal Serial Bus ROM: Random Access Memory PC: Personal Computer GUI: Graphical User Interface RAM: Random Access Memory CPU: Central Processing Unit ISP: Internet Service Provider WWW: World Wide Web IP: Internet Protocol DRAM: Dynamic Random Access Memory Jy moet 'n program/klas skryf genoem Akros met parameteroordrag om die volgende te doen: (In Java kan jy ook 'n uitvoerklas skep genoem ToetsAkros as jy wil.) 3.1 Skryf 'n metode/prosedure met die naam leesteks om data uit die tekslêer 'Epos.txt' in te lees en om die akronieme te identifiseer en in 'n skikking te stoor. Die metode/prosedure genoem leesteks roep 'n Boolese metode/ funksie genoem toetswoord wat sal bepaal of 'n woord 'n akroniem is of nie. 'n Akroniem het die volgende eienskappe: Bevat slegs alfabetiese karakters (A - Z) Kom net in hoofletters voor Bevat meer as een karakter (20) 3.2 Skryf 'n metode/prosedure genoem vertoonarr om die akronieme wat in die skikking gestoor is, te vertoon. (3)

9 Inligtingstegnologie/V Skryf 'n metode/prosedure genoem soekakroniemeop wat die akronieme in die skikking vertoon en die tekslêer 'Akronieme.txt' (op die eksamen-cd) sal gebruik om op te soek en te vertoon waarvoor elke akroniem staan. Indien die akroniem nie in die tekslêer gevind word nie, vertoon dan die akroniem en die boodskap 'onbekend'. Al die akronieme wat nie in die 'Akronieme.txt' tekslêer gevind word nie, moet in 'n nuwe tekslêer genoem 'NuweLeer.txt' gestoor word. (12) Voorbeeld van toevoer (Die 'e-pos.txt-tekslêer) Beste Personeellid, Neem kennis dat die PC in jou kantoor soos volg opgegradeer sal word: Die RAM sal opgegradeer word na 512 MG. 'n USB-poort sal by die PC gevog word. Die hardeskyf sal met 'n 80 GB-hardeskyf vervang word. Voorbeeld van afvoer Akronieme in die skikking: PC RAM MG USB PC GB Akronieme en waarvoor dit staan: PC: Personal Computer RAM: Random Access Memory MG: Onbekend USB: Universal Serial Bus PC: Personal Computer GB: Onbekend Voorbeeld van die inhoud van die nuwe tekslêer ('NuweLeer.txt') vir hierdie voorbeeld: MG GB [35] TOTAAL: 120

10 Question Paper Analysis Grid - Grade 11 - LO 1 LO 2 LO 3 LO 4 Question No. AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS AS TOTAL Conceptual Knowledge (K) Marks Marks Marks Marks TOTALS ## 31 LO Totals LO % 0.0% 0.0% 0.0% 100.0% 25.6% 2007/03/20 1

11 Question Paper Analysis Grid Taxonomy Knowledge Areas - Grade 11 - Comprehension & Application (C) Analysis & Problem Solving (A) TOTAL Computer Hardware & Devices Networking Principles System Software e-communications Social, ethical, HCI, etc Career Pathing Algorithm Design Data Structures Database Development Management of Information Programming Spreadsheets Testing User Interfaces Website Development TOTAL Question Totals Marks % 24.8% 0.0% ##### #### #### #### #### #### #### #### #### #### #### #### #### #### 2007/03/20 2