ARCADIA BONSMARAS 24STE PRODUKSIE VEILING 13 APRIL 2016, 11:00 te Arcadia, Vrede Inligtingsdag Saterdag, 02 April 2016

Size: px
Start display at page:

Download "ARCADIA BONSMARAS 24STE PRODUKSIE VEILING 13 APRIL 2016, 11:00 te Arcadia, Vrede Inligtingsdag Saterdag, 02 April 2016"

Transcription

1 April 2016

2 Beste Vriende, Geknyp deur die ergste droogte sedert die bestaan van kommersiële landbou, besef ons opnuut ons afhanklikheid van ons Hemelse Vader. Ons hoor berigte van die ergste droogte in 104 jaar. Oom Hans van Rooyen, van die voormalige bekende Umpukane Bonsmara Stoet, vertel my dat hulle op Umpukane betroubare reënvalrekords het vir die laaste 119 jaar. Dit beteken sover terug as 1896 (voor die Boere-oorlog). Dié rekords bevestig dat 2015 die droogste was. Die vraag vir baie boere is: Wat nou? Ons het n wyse ou oom in die familie gehad wat n bekende Afrikaner teler was. Hy het onder andere gesê: Moeilikheid is niks, wat ons daarmee maak is wat tel Moeilike tye is dikwels tye van herbeplan, nuwe stratigieë en nuwe uitkomste. Innoverende denke en n verskeidenheid van kundigheid wil ek uitsonder onder ons Bonsmara telers. So het die verkopers met geloof tydens die pas afgelope Nasionale veiling, die onseker mark tegemoet gegaan. Die prestasie van ons lede word in hierdie nuusbrief uiteengesit. Ek wil vir elke verkoper gelukwens, of dit n eerste verkoper van ons klub was, of n ou teler wat die hoogste prys behaal het. Julle dra ons klub se vaandel hoog en julle dien as inspirasie vir toekomstige toetreeders uit ons klub tot die Nasionale Veiling. Dan wil ek graag elke lid wat n produksie veiling hou, of diere van die plaas af bemark, in die maande wat kom alle sterkte en sukses toewens. Gun my ook net die geleentheid om ons vorige bestuur te bedank vir die strukture wat in plek gestel is en die fondasie wat gelê is vir die nuwe bestuur om op voort te bou. Verder wil ek elke lid aanmoedig om betrokke te raak by alle aktiwiteite en inisiatiewe van die klub. Hier wil ek ook die ondersteuning aan ons borge uitlig. Hulle het n fantastiese wen-wen aanbod vir ons klub waarvoor ons baie waardering het. Ek wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om vir elkeen wat hul vertroue in my geplaas het as voorsitter

3 van harte bedank. Graag wil ek ook vir elkeen baie sterkte toewens met die herfs en winter wat voorlê. Geniet julle Bonsmaras en kom ons ondersteun die genootskap se promosie wat lui: DIE RAS OM MEE REKENING TE HOU! Vriendelike groete Willie Anderson

4 ARCADIA BONSMARAS 24STE PRODUKSIE VEILING 13 APRIL 2016, 11:00 te Arcadia, Vrede Inligtingsdag Saterdag, 02 April 2016 AANBOD 74 BULLE 200 VROULIKE DIERE GRATIS VERVOER LANDSWYD LOT 8: AG Ons wil u graag hartlik uitnooi na hierdie Veiling. Die bul aanbod is van hoogstaande gehalte wat beproefde Stoetbulle, jong potensiële Stoetbulle en n groot aanbod van bulle vir kommersiële boere insluit. SP en Kommersiële vroulike diere van hoogstaande gehalte word ook aangebied. Dragtig en/of met kalwers. TB en BM vry. Ons sukses hang af van u sukses met ons genetika Arthur de Villiers Sel: Tel: Fax: Vonkpos: amdev@zippnorth.co.za Webblad: 4 4

5 Nuusbrief - April 2016 Die April nuusbrief sal ons eerste nuusbrief vir 2016 wees. Die nuusbrief bied n geleentheid aan ons lede en borge om hul produkte en dienste te bemark en dien voorts as die klub se amptelike kommunikasie-middel. As teler kan ons die beste diere denkbaar teel, maar sonder bemarking van ons kuddes sal ons kwalik n premie vir ons kuddes behaal. Al ons lede word dus aangemoedig om maksimaal van die platvorms te gebruik. U word derhalwe by herhaling aangemoedig om u kuddes in die nuusbrief te bemark of om ons van fotos en nuusbrokkies vir publikasie in die nuusbrief te voorsien. Die klub se fondse is gesond en vry advertensie-spasie aan ons lede behoort oorweeg te word. Dit behoort lewensvatbaar en volhoubaar te wees. Webblad: Soos vermeld is die webblad tot u beskikking om u kuddes te bemark. Wanneer gelet word op die ongeloofl ike groei in sosiale media en internet bemarking kan daar geen twyfel bestaan of debat meer gevoer word oor die belang vir elke kudde om deel te neem aan die snelgroeiende markplatvorm nie. Die tyd het amper aangebreek dat beeste waarskynlik nie eens meer na veilings aangery sal word nie en kopers nie meer veilings sal bywoon nie. Let in die verband wat in die wildbedryf plaasvind. Elsabe sal elke lid kontak om die stappe aan u te verduidelik sodat u al die voordele wat die webwerf bied ten volle kan benut. Ons versoek dat ons lede wat nog nie hul kudde profi ele, asook ander inligting vir plasing aan Elsabe voorsien het nie, dit so spoedig moontlik doen. Opleiding en kursusse: Die kursusse gaan voort die fondse is nog net nie bekend gemaak nie. Ons doen graag navraag of iemand vir ons n venue op sy plaas het, wat ons kan gebruik vir hierdie jaar. Vleissentraal: Dit is met groot dank dat ons vermeld dat Vleissentraal weer vanjaar n anker borg van die klub is deurdat die maatskappy kommissie aan die klub oorbetaal bereken op die veilingsomset van ons klublede se veilings. Ons dank aan Vleissentraal se top bestuur vir wat hul vir die klub beteken en die klub sal graag hierdie verhouding voortsit oor die langtermyn. Telwiedre voere: Telwiedre Voere het oor die afgelope jare hulself bewys as n ware staatmaker borg van die klub se Algemene Jaarvergadering, welke bedrag bereken word op grond van die omset van veevoer verkope van ons klublede. Ten einde die maksium voordeel te bekom word al ons lede versoek om asseblief n afskrif van u faktuur as bewys van u aankope van Telwiedre Voere se veevoer produkte by Senwes, OVK, VKB of BKB aan die kantoor te voorsien. Ons bedank Telwiedre Voere vir hul getroue ondersteuning. Dit sal die klub se voorreg wees om hierdie verhouding met Telwiedre Voere voort te sit oor die langtermyn. Sernick Bonsmara Ons dank aan Nick Serfontein van Sernick Bonsmaras wat nou n besluit geneem het om vir ons kommissie oor te betaal jaarliks by ons AJV. Die kommissie word bereken op voere wat die lede by hul maatskappy aankoop. Ons wil u as lede aanmoedig om by hierdie betrokke borge u voere aan te koop. Nick Serfontein is ook bereid om bulle wat deur die klublede by my koop n kommissie af te staan. Ondersteun hierdie borge wat op langermyn vir die klub baie kan beteken. Bonsmara SA: Ons lede word daarop gewys dat die klub, benewens vermelde voordele wat deur borge gebied word, besluit het om uit klubfondse n bydrae te maak tot die koste verbonde aan die hou van Boeredae, ten einde ons lede aan te moedig om boeredae te hou. Alle klublede word derhalwe versoek om Elsabé te laat weet van boeredae wat deur hulle aangebied word en om van die 5

6 geleentheid gebruik te maak om hin fi nansiële bydrae te bekom. Ons lede word ook aangemoedig om gebruik te maak van die klub se promosiemateriaal. Dit is beskikbaar by die kantoor en kan tydens boeredae en veilings gebruik word. Daar is ook in die Suidstreek n stel beskikbaar en u kan vir AJ van Rooyen skakel om dit te bekom. Handleiding: Die bestuur het met Bonsmara SA ooreengekom dat hulle die nuwe handleiding sal opstel, waarna dit op die webwerf beskikbaar sal wees. Volgens Evelyn Strydom is hulle op die oomblik besig met die grondwet en sal so spoedig moontlik op die webblad verskyn. Bestuur: Die bestuur is verbind om alle lede van diens te wees. Kontak derhalwe gerus die bestuurslede indien enige navrae ontstaan. Finansies: Ledegeld vir stoetelers beloop R per jaar en n eenmalige intreefooi in die bedrag van R is betaalbaar. Ledegeld betaalbaar deur kommersiële telers beloop R per jaar en eenmalige intreefooi in die bedrag van R is betaalbaar. Daar is geen btw op ledegeld gehef nie aangesien die klub nie vir btw geregistreer is nie. Ledegeld kan per internet betaal word. Rekening besonderhede is soos volg: Standard Bank Kroonstad rek nr: Takkode: of per tjek uitgemaak aan Hoëveld Bonsmara Klub en kan u direk in die bank inbetaal. BAIE BELANGRIK: Met internet betaling sit asb, u stoet naam of kommersiële naam waarin u rekening oopgemaak is as verwysing. MOET NIE U FAKTUUR NOMMER AS VERWYSING GEBRUIK NIE. Baie boere herhaal die ou faktuur nommer, in dié geval wat die klub in bank navraag moet doen, sal n bedrag van R24.00 per navraag verhaal word. Lief & leed: Jan Boshoff se vrou was in die hospitaal vir n skouer operasie, maar verneem dit gaan baie goed. Arthur & Anel de Villiers se seun is in die huwelik bevestig en is nou woonagtig in Parys. Nuwe lede aangesluit: Indien u bewus is van enigiemand wat moontlik belangstel om by die klub aan te sluit sal dit waardeer word indien u die kontak besonderhede van sodanige persone aan die kantoor te voorsien. Dit sal waardeer word indien u potensiële lede sal aanmoedig om deel te word van een groot Bonsmara familie. 2 Nuwe lede aangesluit naamlik: La Patience Bonsmaras boer te Klipplaasdrif Winburg Frantasha Bonsmaras boer te Springboklaagte Leandra Bedankings: Ons bedank al ons borge wat vanjaar weer as borg optree. Baie dankie ook vir n nuwe borg wat by gevoeg is tot voordeel van die klub naamlik Nick Serfontein van Sernick Bonsmaras. Ons bedank u vir nuwe venues wat ons in 2016 gaan ontvang. Veilings uitslae gemiddelde syfers: Ons wil net die twee manne uit ons klub wat diere aangebied het vir die Nasionale veiling naamlik Gert Nel van Germar Bonsmaras en Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras geluk wens met die goeie pryse behaal. Gert Nel van Germar Bonsmaras het die hoogste prys behaal met sy koei & kalf R Baie geluk aan die volgende boere wat alreeds hul veilings gehad het. Met hul toestemming plaas ons hul gemiddelde syfers vir u aandag, onderaan.gemiddelde Syfers Vanaf 12/2/ /3/2016 6

7 VEILINGS GEMIDDELDE SYFERS FEBRUARIE 2016 POTCH BONS SP BULLE DRAGTIGE KOEIE VERS VERSE KOEIE & GROEP KOEIE DRAGTIG OOP KALWERS 12/2/2016 VERKOOP GEMID PRYS R 19,750 R 8,570 R 7,888 R 7,700 R ,480 HOOGSTE PRYS R 25,000 R 9,500 R 8,600 R 8,500 R 8,600 R 11,100 KOPER VERKOPER MIELIEBOERE STOET 3 IN 1 DRAGTIGE DRAGTIGE KOEI & SPEEN 25/2/2016 BULLE KOEIE VERSE KALF VERSE VERKOOP GEMID PRYS R 24,722 R 10,500 R 9,955 R 9,737 R 11,100 R 5,700 HOOGSTE PRYS R 50,000 R 10,500 R 11,200 R 11,700 R 11,100 R 5,700 KOPER VERKOPER ALLEM BROS TAK BOTMA ALLEM BROS J J FERREIRA ALLEM BROS DIRK POT- GIETER ALLEM BROS G BOTHA TRUST GOS- SAYNE BROS D POT- GIETER FAM ALLEM BROS J J FERREIRA GERMAR BONS KOEI & DRAGTIGE 16/3/2016 KALF VERS VERKOOP 3 1 GEMID R 34,125 R 22,000 HOOGSTE R 52,500 R 22,000 KOPER EZ- ELIACHT BONS EZELIACHT BONS VERKOPER GERT NEL GERT NEL HANZYL BONS KOEI & OOP KOEI 16/3/2016 KALF VERSE 3 IN 1 VERKOOP GEMID R 24,500 R 20,333 R 36,000 HOOGSTE R 36,000 R 27,000 R 34,000 KOPER VERKOPER LAMUS/ ALLEM GERRIT VAN ZYL WOOD BASKET GERRIT VAN ZYL EZELIACHT/ G10 GERRIT VAN ZYL

8 Veilings: Die volgende veilings wat geword is soos volg: 2 April 2016 AG de Villiers & Seun Arcadia Inligtingsdag Vrede 6 April 2016 Schultz Bonsmaras Prod/Aanteel Sasolburg 13 April 2016 AG de Villiers & Seun Arcadia Produksie Vrede 21 April 2016 Valsrivier Bonsmara Telers Groepveiling Bothaville 27 April 2016 Ashley Whitfi eld Produksie Viljoenskroon 4 Mei 2016 Skatkis Bonsmaras Produksie Vryburg 5 Mei 2016 Excelsus Bonsmaras Hennie de Lange Uitverkoping Oranjeville 12 Mei 2016 Paul Maré & Benjamin Bosch Produksie Viljoenskroon 25 Mei 2016 Schultz/mampudi & G10 Bonsmaras Produksie Bloemfontein 28 Mei 2016 Domain Bonsmaras Produksie Parys 3 Junie 2016 Sernick Bonsmaras Stoet Produksie Edenville 10 Junie 2016 Sentraal Bonsmara Groep Produksie Dewetsdorp 15 Junie 2016 Riemland Bonsmara Telers Groepveiling Heilbron 16 Junie 2016 Evenwyd Bonsmaras Produksie Memel 20 Julie 2016 Noord Vrystaat Groep Groep veiling Kroonstad 21 Julie 2016 Syferfontein & Stormfontein Bonsmaras Produksie Standerton Nampo oesdag: Mei Bothaville

9 Germar Bonsmaras se Koei en kalf het op sy veiling vir R gegaan. Dragtige vers vir R , Dragtige vers vir R , Koei en kalf Vir R , Koei en kalf vir R , Gemiddeld R

10 FARMER S WEEKLY MARCH 2016 farmer s weekly LAND REFORM Detailed update from John Purchase SERVING AGRICULTURE SINCE 1911 CAXTON MAGAZINES Strawberry Surprise Trial crop delivers in drought Malawi s first Brangus stud Innovative farming solutions from around the world BONSMARA SUCCESS for dorpsjapie-turned-farmer Eastern Cape farmer earns big with blesbok variants VKB reaps benefits of value-adding NEWS FROM NERPO & AFASA

11 FARMER DEVELOPMENT Bonsmara & Mutton Merino Beating the odds with Bonsmara Free State livestock farmer Holomo Lebona worked hard to acquire farmland and make a success of it. He talks to Gerhard Uys about his operation s challenges and rewards. olomo Lebona, who has farmed Hcattle and mutton Merino sheep in the Free State since 2009, describes himself as a town mouse. Ek is eintlik n dorpsjapie (I m actually a townie), he says. However, he has always wanted to farm and his family history is deeply connected with cattle. During the Second Anglo Boer War when Kitchener applied his scorched earth policy, my family in the-then Republic of the Orange Free State protected the Bothas, says Holomo. The Bothas were an honest family and after the war they gave land to my family to farm. After the 1913 Land Act, no Africans were supposed to own land, but because of the agreement with the Bothas, my grandmother was allowed to keep it. She lived there till 1960, when she was 103. Land restitution was instigated in the early years of democracy, and in 1996 Holomo immediately thought of his grandfather s land. But due to the cut-off date of land claims, he was unable to claim the old family farm. ABOVE: Holomo Lebona s farm De Rust received only 34mm to 40mm of rain during January and the grass is now barely 5cm high. He says the veld will not have time to recover before winter. PHOTOS: GERHARD UYS Holomo, who studied political and administrative science at tertiary level and for a time worked as a director in the office of the minister of education, says that the cattle on that farm land had put him and his parents through high school and university. We were taught that cattle are the best investment, he recalls. He is certain that his primary and secondary education which included English, Afrikaans, Sesotho, Latin, botany, zoology and physiology has helped him to have a better grasp of farming. Today, Holomo has 172 Bonsmara cattle and about 280 mutton Merino sheep on his own farm, the 1 331ha De Rust near Steynsrus. The farm is divided into eight camps and Holomo keeps bulls and cows and rams and ewes separate, only adding the males when necessary. He puts one bull to about 27 females. I placed two bulls now and aim to have calves by September, he says. The camp closest to the farmhouse is run as a maternity section, and animals requiring special care are also kept here. Holomo s wife, Maria Mosela Lebona, who has a nursing background, assists with animal health. Holomo says that her hygiene standards on the farm are often on a par with human hospital standards. Holomo makes use of the department of agriculture s free vet services for regular animals health issues, and consults a private Kroonstad vet for more serious cases. In addition to animal health, Maria assists with record-keeping, while his son, Mokhalajoe Lebona, helps with administration. BREEDING BONSMARA Holomo recently delivered about 180 weaner calves to the Sernick feedlot near Edenville. At that stage, his weaners weighed about 220kg. Originally I favoured Nguni, but then Patrick Sekwatlakwatla, the head of Sernick s corporate social investment programme, preached Bonsmara like a real evangelist, he recalls. Holomo discovered Sernick following disappointing relationships with other feedlots in the area. He says that his relationship with the agricultural organisation is good, and that it assists him and other emerging farmers with information days and regular farm visits, among others. According to Holomo, Patrick s farm visits make a real difference to a farming operation and he assists in transforming many farms into productive units. Holomo refers to him as a cattle farmer s encyclopaedia, while Patrick says that when visiting De Rust, Maria can identify which animal was bought where and what problems, if any, it has experienced. Before he sold to the Sernick feedlot, Holomo would take his calves to everyday auctions at two years of age. He also tried a feedlot in Bloemfontein but was unhappy with the arrangement. They take the animal on hoof, and don t want to tell you what the end-product is after slaughter, or give weight and classification. When you buy on hoof the aggregate weight is not reliable, he says. According to Holomo, the feedlot system offered by Sernick was unknown amongst black farmers. 48 farmer s weekly 4 MARCH 2016

12 FAST FACTS Holomo Lebona farms Bonsmara cattle and mutton Merino sheep near Steynsrus in the Free State. His family history is closely linked to cattle farming. Holomo s relationship with Sernick significantly helped to increase his cattle production. To take a calf to saleable age used to take me two years. With Sernick, I wean at six months and then take the animal to the feedlot, where it s fed for three to four months. I make a good profit and save about 14 months of caring for the calves. farmer can exchange it for six weaners weighing 220kg at R19/kg. The aim is to encourage emerging farmers to practise livestock improvement, Patrick says. Sernick also hosts training days for emerging farmers, farm ABOVE: Holomo Lebona initially favoured Nguni cattle, until he met Patrick Sekwatlakwatla from Sernick, who preached Bonsmara like a real evangelist. RIGHT: Holomo Lebona says that his family s ties with cattle farming taught him to see the animals as an investment. WE WERE TAUGHT THAT CATTLE ARE THE BEST INVESTMENT The Sernick feedlot also provides market analysis and farmers are paid on classification and weight. Both the standing feedlots and projected profits are clearly set out. In addition, the feedlot s bull exchange is beneficial. According to Patrick, farmers under Sernick mentorship can do a bull exchange with a SP [stud proper] Bonsmara bull, where they give weaners in exchange. If a bull s value is, say, R25 000, a management courses, carcass competitions and educational farmer days. FEED AND VELD Despite the drought, Holomo s Bonsmara herd is in exceptional shape. They proved themselves to me this year, he says. He attributes his cattle s good health primarily to the Sernick feed he uses. Goedkoop is duurkoop cheap is expensive. Other farmers would criticise me for buying such expensive feed, but once they looked at the content of the feed, and saw the condition of my animals, they bought the same. His animals favour red grass (Themeda triandra), which grows in the area, and find it most palatable when soft. Although the area is not suited to crop production, Holomo plants about 400ha of crops for feed, especially for winter when grass reserves are low. Growing feed was especially important during the recent drought, when grass reserves were extremely low. Near the middle of January, the farm had between 34mm and 40mm of rain, depending on the area. I ve never seen the farm this way. The natural grass won t have a chance to grow now before winter, says Holomo. Although the rain that eventually fell turned the veld from yellow to green, the grass on the farm was barely 5cm high towards the end of January. In summer, Holomo plants long-standing teff, Smutsfinger grass, eragrostis and stooling rye. CONTINUED ON NEXT PAGE 4 MARCH 2016 farmer s weekly 49

13 FARMER DEVELOPMENT Bonsmara & Mutton Merino He aims to plant more sorghum for feed as it is less expensive than maize and can be eaten while the animals stand in the land. He is also keen on sweet reed because it does not need to be harvested or stored, can be eaten on the land and does not require insecticides. MUTTON MERINO According to Holomo, his mutton Merino sheep also withstood the drought well, although he did have to supplement feed with Sernick pellets and teff and lucerne he had planted. He shears the sheep in September and sells the wool to BKB in Port Elizabeth. The wool is exported to overseas markets. The wool is good. With the money I make, I can pay for petrol and salaries for a whole year. However, he says that this year the wool may be of a lesser quality than previous years, because weeds have the advantage during drought and can spoil the quality of the wool. Stock theft is a problem in the area. I m 12km from a township and sheep are seen as takeaways. He reports that even people passing through the area will stop and load a vehicle with sheep, and that the police once discovered an ambulance packed with stolen sheep. CHALLENGES In 2000, Holomo s first attempt at fulfulling his farming dream was met with contempt. I was told, no. You are black and can only buy land through the Department of Rural Development and Land Reform (DRDLR). THE MONEY I MAKE FROM WOOL PAYS FOR PETROL AND SALARIES FOR A WHOLE YEAR Establishing and maintaining good relationships with both government and financial institutions remains one of his biggest headaches. In 2013, when we were first assisted by the DRDLR, a term of five years was negotiated. ABOVE: According to Holomo, his hardy Bonsmara cattle have proved their worth this year during the country s severe drought. BELOW: Stock theft is a problem in the area, and Holomo says that people from the nearby township see sheep as takeaways. However, after three years I was told that I had graduated and didn t need more assistance. But a farm cannot be viable within such a short period, he says. We were also not assisted as individuals, but were clubbed together in groups. We weren t even from the same area, and making decisions such as what crops to plant couldn t work. He says that when he signed a lease with the intention to buy for a specific period, the department would change the lease period without notice. Banks can also be challenging, he says, as the processes involve filling in forms, and assistants often fail to understand farming or the requirements of an individual farmer. Things need to be flexible. If it rains now, then I need money to plant now, says Holomo. Government, however, is more of a challenge than banks, he stresses. The allocation for farmer assistance is part of the Treasury budget. The budget is read in February and only gets implemented in June, then there s no more rain. He adds that agriculture needs the private sector to play a role in the industry. It can give agriculture the necessary support and capital knowledge. Government is not business-orientated. According to Holomo, the younger generation should be motivated to farm. To achieve this, industry has to work together to change the perception that agriculture is a dirty job. Phone Holomo Lebona on or Patrick Sekwatlakwatla at Sernick on FW 50 farmer s weekly 4 MARCH 2016

14

15 Ten einde die Hoëveld Bonsmara Klub te ondersteun, het ons besluit om vanaf 1 Februarie 2016 n kommissie van 0.5% op alle aankope van ons veevoere asook Bonsmara bulle deur lede van ons klub as n donasie oor te betaal. Ons het reeds n administratiewe stelsel in plek om die aankope deur lede van die klub te administreer. Hierdeur volg ons die voorbeeld van Telwiedre wat die klub reeds geruime tyd op hierdie manier ondersteun. Hiermee dan ook n herinnering dat ons volgende produksieveiling plaasvind op Vrydag 3 Junie 2016 waartydens ons 40 Fase C bulle asook 300 kommersiële vroulike diere sal aanbied. Ons vertrou dat landboutoestande tot dan aansienlik vir almal sal verbeter. NICK SERFONTEIN Sel:

16

17 Baoe Geluk Deomari & Stephan Strooijonkers soos volg: Fanie du Preez, Danie Cronje, Stefan Cronje en Jay Jay Moll Arhtur en Anel de Villiers se seun met al sy strooijonkers. Kyk hoe ondersteun hulle die Bonsmara ras met hulle plaatjies op hulle bors. Die bruidspaar is Deomari en Stefan Cronje, Dit is die seun van Arthur en Anel De Villiers Arcadia Bonsmara van Vrede. 17

18 Die Vleisbees kudde van die jaar toekennings Die Vleisbees kudde van die jaar toekennings word jaarliks gedoen en dit evalueer die vlak van aantekenig in die kudde. Al die deelnemers aan Produksieaantekening word ge-evalueer en net die top 30% kry toekennings. Die 30% word opgedeel in Brons, silwer en toekennings. Dit beteken dus ën kudde met ën toekenning is in die top 30% van die land se kuddes oor rasse. Van die top 10% wat goue toekennings ontvang het word die top kuddes ge-evalueer op genetiese vlak ook om tien Platinum kuddes aan te wys. Hierdie tien kuddes kwalifiseer vir die kudde van die jaar kompetisie. Die vereistes om die vlak van aantekening te evalueer is die volgende. * Word dekinligting ingestuur * Hoe gereeld stuur die kudde geboortekenisgewings in. * Hoeveel van die diere gebore het geboortegewigte * Hoeveel van die gebore kalwers word geweeg vir speen, 12 maande en 18 maande * Doen die kudde plaas- of sentrale groeitoetse en word RTU skandering gedoen * Die kudde se vrugbaarheid word evalueer teenoor die ras vir ouderdom eerste kalwing en tussen kalf periodes * Kudde grootte word ook inag geneem. Al die kuddes verdien punte soos hulle vlak van aantekening verbeter BON MNR. PIETER ROUX Platinum BON ESBACHSKOP BONSMARAS BON JARICO BOERDERY BON CONFIDO BONSMARA Silver BON SERNICK BONSMARA STOET BON JOHAN J MYBURGH BDY (EDMS) BPK BON GOSSAYN BROTHERS BON MAARTEN BOERDERY TRUST Silver BON DIKDOORNS BONSMARA STOET BON SKATKIS BONSMARAS BON HANZYL BONSMARAS Silver BON MR WALES H DE LA V Silver BON FUZ BONSMARAS BON MPOLA TRUST BON STORMFONTEIN BONSMARAS Silver BON RONA BONSMARAS Silver BON FRIEDA TRUST BON MNR. H.F. NAUDE BON THUSO GRAAN EDMS BPK Silver BON GOUDLAND BONSMARAS Silver BON ALLEM BROTHERS (PTY) LTD BON DOMAIN BONSMARA STOET BON DE VILLIERS AG & SEUN Silver BON MAMPUDI - FW ANDERSON Brons BON SYFERFONTEIN BOERDERY BON DAMPOORT BONSMARA BON MNR. P.F. SCHEEPERS Silver BON MOOISPRUIT BONSMARA Brons BON GERMAR BONSMARAS BON XHARIEP BONSMARA STOET BON SKAALMEESTER BONSMARAS Silver BON DEOZA BONSMARA Brons BON MNR. J.J. FERREIRA BON MNR. A.C. BOTMA BON ASHLEY WHITFIELD TRUST Silver BON DR. DRIES LESSING Brons

19 gesamentlike produksieveiling 25 Mei Bloemfontein 2016 N1 Colesberg Kelleys View N8 Kimberley Bloemfontein 8km vanaf N1 N1 Kroonstad GPS: S29 Grade 08m741 O26 Grade AANBOD: 30 sp bulle 150 vroulike diere Aanbod onderhewig aan verandering Louw de Bruin Dieter de Bruin Johan Goosen Ester Goosen (na ure) Willie Anderson: Pik Schultz: Navrae: Willie Snyman Dream big Work hard stay focused and surround yourself with good cattle

20

21

22

23

24

25

26 26

27 27 DIE STRATEGIESE GEBRUIK VAN PRODUKSIELEKKE BY VLEISBEESKOEIE MET KALFTYD VOERMOL PRODUKSIELEK Om munt te slaan uit jou koeie energie, vitamiene en spoorminerale vir optimale produksie by skape en beeste op droë veld op droë veld gebruik word massaverlies van koeie net na kalwing te voorkom en vul energiereserwes by lakterende koeie aan van jong groeiende diere op goeie gehalte droë veld energiebenutting van die droë veld bevorder Meer as 50 Jaar van Uitstaande Produkte & Diens Voermol Produksielek, Regnr. V10108, (Wet 36/1947). Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk., Posbus 13, Maidstone, In die produksiejaar van die teelkoei is daar 'n kritieke tydperk van ongeveer 100 dae wat bepaal of konsepsie sal plaasvind of nie. Hierdie 100 dae is die laaste 30 dae van dragtigheid en die eerste ongeveer 70 dae van laktasie. In hierdie 100 dae vind twee groot gebeurtenisse plaas eerstens word 'n kalf gebore en tweedens vind bevrugting plaas wat die begin is van 'n nuwe lewe van die volgende kalf. Die voedingsbehoefte van die koei in terme van kwaliteit en hoeveelheid weiding in hierdie 100 dae, is nagenoeg net soveel as wat sy in die res van die produksiejaar nodig het. Eerstekalfkoeie wat self nog moet groei om volwassenheid te bereik, se voedingsbehoeftes is nóg hoër in hierdie 100 dae kritieke periode. Die hoë voedingsbehoefte is gegewe en bekend, maar die voervloeibeplanning en weidingvoorsiening is dikwels onvoldoende in hierdie 100 dae. Meeste vleisbeesboerderye is ekstensief op veld en faktore soos droogtes, te veel reën, onbeplande veldbrande en ontydige ryp, benadeel veldproduksie. In die saaigebiede is mielielande aan die end van die winter uitgevreet en dit dra by tot 'n laer voedingstatus en die kondisie van koeie verswak. Die herstelvermoë van koeie wat in 'n swak kondisie kalf, is baie stadig en verskeie navorsers wys op swak herkonsepsie van maer koeie. Die teendeel is ook waar en koeie in 'n goeie kondisie tydens kalftyd beskik oor meer reserwes, herstel vinniger na kalwing en kom vinniger op hitte. Die teikenkondisiepunt tydens kalf moet 3 tot 3.5 wees (op 'n skaal van 1 tot 5) en die gebruik van 'n produksielek kan bydra om hierdie mikpunt te bereik. Produksielekke is duur omdat die inname daarvan ongeveer driekeer meer is as dié van onderhoudslekke en daarom moet die tydperk van gebruik so kort as moontlik wees, sonder om effektiwiteit in te boet. Die groot verlies aan inkomste as gevolg van 'n koei wat oorslaan is egter nie vergelykbaar met die kostes van 'n produksielek wat strategies gebruik word nie. Die aanbevole inname van 'n produksielek vir 'n mediumraam grootte koei is ongeveer 1.5 kg per dag. Die werklike inname sal bepaal word deur weidingbeskikbaarheid, kwaliteit van die veld en die kondisie van die koeie. Produksielekke moet daagliks gevoer word met genoeg vreetspasie sodat al die koeie gelyktydig kan vreet. Die kostes van produksielekke kan verlaag word deur dit self met graan te meng, veral in graanproduserende gebiede. Die mengverhouding vir verskillende opsies van produksielekke word in Tabel 1 aangetoon. Tabel 1. Mengverhouding vir produksielekke Bestanddeel Lek 1 (kg) Lek 2 (kg) Lek 3 (kg) Lek 4 (kg) Voermol Premix 450 (V4676) Mieliemeel Rumevite 12P (V11994) Voermol Hoëveldlek (V16150) Voermol Bovelderlek (V19218) Dundeelekkonsentraat (V10737) Sout TOTAAL Die klaargemengde Voermol Produksielek (V10108) kan as alternatief vir bogenoemde lekke gegee word of Voermol Super 18 (V355) vir gemengde- en soetveldgebiede. Verskeie faktore soos bv. die aanvang van lentereëns, weidingbeskikbaarheid en kondisie van die koeie bepaal van wanneer tot wanneer 'n produksielek gegee moet word. Die riglyn is begin met 'n produksielek net voor kalwing en hou daarmee vol totdat daar genoeg nuwe somergroei op die veld is en verander dan na 'n fosfaatlek. Indien meer inligting verlang word, raadpleeg u naaste Voermol Agent (sien vir besonderhede) of stuur 'n e-pos aan info@voermol.co.za VOERMOL VOERE AS MAATSKAPPY. VOERMOL VOERE bedien die boere van Suid Afrika al meer as 50 jaar. In die begin jare is daar n handjie vol produkte gemaak om waarde toe te voeg tot die Suid Afrikaanse veeboer se Boerdery. Produkte soos Melassemeel ( v1995 ) en Super 18 (v355 ) was maar een van die eerstes. Met die innovasie van mense soos dr Barny van Niekerk is produkte soos SB 100 ( v4498), Beefmaker ( v7535) en SS 200 (v8592) ontwikkel. Die LS reeks produkte is ook geproduseer en met groot welslae gebruik. Mettertyd is daar baie meer gespesialiseerde produkte ontwikkel deur die tegniese span. Hierdie produkte is opgevolg met boerdery stelsels wat aanleiding gee tot groter winste en beter produktiwiteit. Samewerking met verskeie telersgenootskappe is gevestig. Die Bonsmara genootskap is dan juis uitgekies om een van Voermol Voere se vennote te wees. Die konsep van, om te meet is om te weet, is dan ook vir Voermol Voere belangrik. Voermol se produkte moet kan waarde toevoeg tot die Bonsmara boer se boerdery. As dit nie die geval is nie is daar nie n mark vir sy produk nie. Die feit dat Voermol Voere dan ook die Nasionale Veevoer borg is van die Bonsmara genootskap, maak dat Voermol ook betrokke is by die Hoëveld Bonsmara klub. Voermol is dan ook n borg vir n hele aantal jare en beskou die Klub se voortbestaan en werk as uiters belangrik. Om hande te vat en saam te werk kan vir albei partye n waardevolle venootskap wees. Voermol kan bereik word, deur hul Agente wat regdeur die land gesetel is te kontak. Die tegniese span van Voermol Voere is ook bereid om op jou plaas besoek af te le en al hul voedings kennis aan jou oor te dra. Gebruik gerus vir Ulrich Müller ( Voerkrale en bul voeding ) en Hendrik van Pletzen ( Lekke en Weidings stelsels ). Kyk ook gerus na HYPERLINK om meer inligting te kry. Hier is ook n aantal waardevolle artikels wat gelees kan word.