n Uitskieter in koeidoeltreffendheid

Size: px
Start display at page:

Download "n Uitskieter in koeidoeltreffendheid"

Transcription

1 Cattle breeding is a relatively simple endeavour the only difficult part is to keep it simple. Tom Lasater Beefmaster n Uitskieter in koeidoeltreffendheid Connie van Vuuren Voormalige president van SA Beefmaster Telersgenootskap Waar lê die kruks van n suksesvolle beesboerdery? Natuurlik in die verkoopbare produk. Almal weet vrugbaarheid is die belangrikste faktor, maar die gewig van die kalweroes bepaal die grootte van die inkomste. Die Beefmaster spog met n koeidoeltreffendheid-persentasie van net meer as 44,1% die hoogste van nege rasse in die Stamboekstal (sien tabel hieronder). Die persentasie behels speengewig as n persentasie van koeigewig by speen en dui op die doeltreffende omskakeling van gras in n verkoopbare kalf. Uit die tabel bly dit duidelik dat die Beefmaster dus gesog is in n speenkalfproduksiestelsel, want n groter aantal verkoopbare speenkalwers (in kilogram) word met dieselfde aantal teelkoeie geproduseer. As dit deurgetrek word na n groot aantal koeie of oor n aantal jare is die syfers indrukwekkend. Wanneer Beefmasterbulle by enige ander moederlynras- of kruisraskoeie gebruik word en die boer hou die vroulike nageslag as vervangingsverse terug, gee dit outomaties die gewenste eienskappe in teeltroppe. Hier word verwys na vrugbaarheid, klein kalwers by geboorte (iets waarvoor die Beefmaster bekend is), n korter tydsverloop voor herbesetting, verse wat op n vroeër ouderdom gereed is om gedek te word, gehardheid, langlewendheid en n goeie groeivermoë (speengewig). In die proses kan boere n bestaande kudde mettertyd vervang met die ras wat die telersgenootskap meen een van die voorste moederlynrasse in Suid-Afrika geword het. Geboortegewigewig Speen Koeigewig Koeidoel- Ouderdom TKP met speen tre f endheid % eerste kalf Angus , ,4 31,3 418,6 Beefmaster 33,8 224, ,1 30,6 404,6 Bonsmara 34,3 210, ,6 31,4 413,7 Boran 28,8 185, ,9 33,6 436,5 Drakensberger 34,1 220, ,4 34,1 424,1 Hereford 36,4 201, ,5 31,9 391,3 Nguni 25,8 148, ,5 32,3 415,4 Sussex 37,2 216, ,9 32,4 408,3 Tuli 30,8 176, ,2 34,9 423 Hierdie syfers praat en wys duidelik waarom ons met Beefmasters boer om geld in ons sakke te kry. (Uittreksel uit SA Stamboek se jaarverslag van 2016) Die Beefmaster in Suider-Afrika Die Suider-Afrikaanse Beefmaster word geteel en geselekteer om optimaal in al die klimaattoestande te produseer. Elke dier is die produk van toegewyde telers se seleksie en prestasietoetsing, met die klem op funksionele doeltreffendheid. Stoetkuddegroottes van gemiddeld 253 vroulike diere saam met nog n ras die grootste in Suid-Afrika wys op ekstensiewe boerdery sonder om diere op kraal te pamperlang. Seleksiedruk kan ook met soveel meer sukses in groter kuddes toegepas word. Die getal geregistreerde Beefmastertelers in Suid- Afrika staan op 134 met n totaal van gere gistreerde diere. Op vanjaar se Nampo-Oesdag buite Bothaville was die telersgenootskap verras met die talle besoeke van kommersiële boere by die Beefmasterstalletjie en hul getuienis van die sukses wat hulle met Beefmasterbulle in hul kommersiële koeikuddes behaal. Hulle was veral beïndruk met die eerste kalweroeste, die puik vervangingsverse, die verhoogde speengewig, die bekostigbaarheid van die bulle en die hanteerbaarheid van die kalwers. Tweede en derde kruisings met Beefmasterbulle lewer steeds n beter speengewig. Boere wat n heen-en-weer kruisteelstelsel gebruik, sê hulle het die oplossing gekry deur nou net Beefmasterbulle te gebruik. Die afgelope paar jaar ondervind telers n ongekende vraag na goeie bulle. Die ingeligte en ernstige beesboer weet waarna hy soek en kry dit in die Beefmaster. Die Beefmaster Beestelersgenootskap in Suid-Afrika is vanjaar 26 jaar oud. Met die groei die afgelope paar jaar is die toekoms van die ras blink en koester die genootskap groot verwagtinge, veral wat die produksie-eienskappe van die ras betref

2 special spesiaal beefmaster Beefmasters = Boerbeeste Junior keurders kry opleiding op Wagnou Nagenoeg veertig belangstellendes het selfs van so ver as Swakopmund op 17 Augustus op die plaas Wagnou van dr. Alfred Dippenaar in die Drimiopsis-omgewing opgedaag vir n ju nior keurder-opleidingsdag. Die kursusleier was Connie van Vuuren, president van die Suid-Afrikaanse Beefmaster Genootskap, in samewerking met die bekende Namibiese beeskeurder Hendrik Prinsloo van Gobabis. Benewens die lesings is ook praktiese beoordeling gedoen en n teoretiese eksamen afgelê. Belangstelling in die Beefmaster-ras is opnuut aangevuur deur die prestasies van hierdie veldbeeste wat geteel word om te voldoen aan die ekonomiese vereistes van: Vrugbaarheid Melkproduksie Gewig Konformasie Gehardheid, en Temperament. Statistieke, soos aangedui in die jaarboek van SA Stamboek, bevestig dat telers bogenoemde doelwitte met groot sukses in Namibië en Suid-Afrika bereik. (Sien tabel onder) Deelnemers was dit eens dat die kursus uiters leersaam en suksesvol was. Die sterk opkoms by die onlangse Beefmaster-opleidingskursus vir junior keurders op die plaas Wagnou in die Drimiopsis-omgewing toon dat hierdie boerbeesras groot belangstelling wek. Die bespierde meneer uit die Wagnou Beefmaster Stoet van dr. Alfred Dippenaar wat kraal toe gebring is vir die praktiese bespreking oor hoe n tipiese Beefmaster-bul moet lyk tydens die opleidingskursus vir junior keurders. 102

3 103

4 special spesiaal beefmaster Toetrede tot genomika vat Beefmaster verder vorentoe Dr Japie van der Westhuizen SA Stamboek- en Diereverbeteringsvereniging Die Suid-Afrikaanse Beefmastertelers is op gelyke voet met Beefmastertelers van die VSA nadat Stamboek einde Augustus vanjaar die eerste genomiese teelwaardes vir die ras uitgereik het. Die genootskap se besluit om by ander genootskappe aan te sluit om deel te wees van die vleisbees-genomikaprojek (BGP) wat deur Technology Innovation Agency befonds word, werp nou vrugte af. Die voordeel om genomiese inligting in te sluit by voorspellings van genetiese meriete deur meer omvattende BLUP-modelle toe te pas, stel telers en kommersiële kopers van teeldiere in staat om die risiko van besluitneming te verlaag, veral vir die seleksie van jong diere. Dit is veral van waarde vir ekonomies belangrike eienskappe wat slegs op vroulike diere waargeneem of gemeet kan word, soos moederlike vermoë (melk) en vroulike vrugbaarheid. In die praktyk beteken dit dat die akkuraatheid van BLUPteelwaardes vir hierdie eienskappe van twee- tot driejarige bulle wat te koop aangebied word, gelyk sal wees aan dié van ouer bulle met n aantal geme te nageslag en selfs kleinkinders (in die geval van melkteelwaardes). Vir n wêreldras soos die Beefmaster hou genomika die voordeel in van n meer akkurate bepaling van die genetiese meriete vir ingevoerde semen. Daarby sal gereelde maandelikse genetiese evalu erings telers en kopers van Beefmasterbeeste in staat stel om betyds veilige teelbesluite te neem. Vrye toegang tot die genetiese meriete van diere of groepe is op beskikbaar. Voortreflike ras spruit uit driehoek-kruisplan What Tom Lasater has to say... The breeding and management programme which we follow has often been described as the survival of the fittest where we define fit. Proof Die ontwikkeling van die Beefmaster is deur die Amerikaner Tom Lasater begin. Die ras is in 1954 deur die Amerikaanse departement van landbou goedgekeur. Die oorsprong van die Beefmaster strek egter veel verder terug na die 1900 s. Dit was toe dat Edward C. Lasater, n prominente beesboer van Fafurries in die suide van Texas en Tom se pa, n groot kommersiële kudde van Herefords en Korthorings op ha grond aangehou het. Hy het ook n Hereford-stoetery gehad waarin hy op die teel van pigment om die oë gekonsentreer het. Die koeie was goeie melkproduseerders wat n belangrike eienskap in Lasater sr. se kudde was. Hy het die waarde daarvan in die produksie van vleis gesien. In 1908 het Lasater sr. die eerste Brahmanbulle by sy Herefords en Korthorings gebruik. Hoewel hy voorkeur gegee het aan die Girbulle, het hy ook Nellorre- en Guzarathbulle gebruik. Die Korthorings was van Durhamoorsprong. Die beste Brahman- en Herefordverse en Brahman- en Korthoringverse het hy teruggebring in die kudde en weer met Brahmanbulle gekruis. Sodoende is n oorwegend Brahmankudde ontwikkel. Toe hy in 1930 oorlede is, het Lasater jr. die bestuur van die boerdery oorgeneem. Die kudde het toe uit ongeveer 350 koeie, n paar Brahmanbulle, sowat 150 geregistreerde Herefordkoeie en n paar geregistreerde Herefordbulle bestaan. Later het hy ook n paar geregistreerde Korthoringbulle gekoop. Die Beefmaster het dus gespruit uit n intensiewe program van kruisteling tussen: Brahmankoeie en Herefordbulle Herefordkoeie en Brahmanbulle Korthoringkoeie en Brahmanbulle Die beste kruisdiere is met behulp van die sespuntplan van voortreflikheid vir verdere teling geselekteer. Die nageslag van bogenoemde is volgens n driehoek-kruisplan deur verskillende bulle in n geslote kudde gedek. Dit het gelei tot n nuwe ras, bekend as die Beefmaster. Uit die staanspoor is vir ekonomies belangrike eienskappe geselekteer. Die Beefmaster het, soos in Amerika, in Suid-Afrika wortel geskiet. Vandag is dit n winsbees waarmee rekening gehou moet word. In culling every female that fails to wean a calf every year regardless of the reason, we lose some good ones but we get all the lemons. Bulls should look like bulls, and cows should look like cows. 104

5 SIZANA BEEFMASTERS VELDBUL SA PRODUKSIEVEILING DINSDAG 17 JULIE 2018 VRYBURG IGNUS VAN NIEKERK (+27)

6 special spesiaal beefmaster Change ways for profitable cattle farming Heather Dugmore South African journalist Churchill once said: You have enemies? Good. That means you ve stood up for something, sometime in your life. Which is why I don t mind being controversial and speaking out against outdated cattle farming practices that are not sustainable, profitable or good for the environment. These are the words of American cattleman and sustainable cattle ranching pioneer, Chip Hines. Two of his books, How did we get it so wrong? and Time to change share the same concerns. Uniqueness stems from a guiding production philosophy Beefmasters are completely unique in that they are the only beef breed with a guiding production philosophy. These principles are called the six essentials, and they provide a road map by which to maximise production efficiency and improve cattle. We talk much about the six essentials, but what do they really mean? Disposition: Gentle cattle are cheaper to manage, sell better, breed better, feed better and calve easier. Fertility: This is the first among equals and the cornerstone of the philosophy. Cows that do not have a calf every single year are not economically viable. Weight: Of obvious importance because ranchers sell dollars. Weight is another highly heritable trait. Cattle that produce optimum (not necessarily maximum) weight with minimum input are selected. Conformation: This refers to the visual appraisal of a live animal with regard to carcass merit. Select criteria are set for long, trim, wellmuscled bulls, and smooth, feminine cows that meet industry demands. Hardiness: It is critical for cattle to be able to thrive under tough conditions. Beefmasters excel in calf livability, low death loss, low maintenance costs and resistance to disease and parasites. Milk production: Next to genetics, milk production is the single most important factor in weight. When asked to describe the perfect cow, Tom Lasater said, She will look like a cow that gives a hell of a lot of milk. 106 Colorado-based Chip Hines has been a cattle rancher all his life. Today he shares his approach with thousands of commercial cattle farmers globally. My mission is to encourage all cattle farmers to start opening their minds and eyes to what is staring us in the face and crying out for change, he says. Hines started working on cattle ranches after high school in the 1950s and started his own commercial herd with his late wife Judy on leased land in southeast Colorado Cattle and grass became our lifelong endeavour, along with working out how to look after the natural rangeland or veld as you call it, and to generate decent cash flow from commercial cattle ranching. Hines explains that what was and is still being taught about cattle ranching at many of the colleges and universities in the United States is on the wrong track: Many of the academic and breeding specialists have simply led us from one fad to another from one extreme of what they called the ideal bull or cow to the other extreme. We soaked this up without taking a good look at how the conformation and size of the so-called ideal animal has radically changed over the decades. Wrongly fixated on weaning weights All this has led us away from profitability and into a corner where most cattle farmers are still fixated on individual animal performance and increased weaning weights because this is what the conventionally-minded academics and registered breeders told us to do. He says that what cattle farmers should in fact be fixating on is on understanding the crucial difference between kilograms of production per animal and kilograms of production per hectare. The latter is where you make profit, and it has nothing to do with increased weaning weights. He explains that production per hectare is all about raising increasing your numbers of healthy weaners, as opposed to producing a smaller number of heavy weaners. Commercial cattle farming is all about producing functional, hardy cattle that live off well-managed veld, based on a system that includes high density grazing with adequate rest in the growing season, he explains. Cattle on this type of grazing require minimum input, such as a suitable lick in winter or times of drought. Cows in this system produce a higher number of calves that meet the requirements of the beef industry. Instead, what are most cattle farmers still doing? They are continuously grazing their camps which destroys the cover and the diversity of palatable grass species, he adds. As a result they are often forced to provide their animals with expensive feed to keep up their body weights, because their veld is overgrazed and no longer as productive as it should be. American cattleman Chip Hines How did we get it so wrong? The question that Chip asked himself is How did we get so wrong? in order to steer cattle farming towards a more sustainable, profitable, healthier direction. I spent much time reading people like Allan Savory and Johann Zietsman and thinking about how the whole system works the soil, the environment, the livestock and everything in between. I also spent a lot of time observing what has happened to cattle over the years, and I realised that we are very far from how the animal is supposed to work in its environment. Crossbreeding In 1998 Chip s journey towards sustainable cattle farming took off in the right direction on his ranch in southeast Colorado and he never looked back. He started crossbreeding Herefords with Barzona cattle a breed of cattle developed in Arizona to run in tough country, but which also does well in lush grasslands areas: It was the equivalent of crossing any large Bos taurus breed with smaller, more adapted, disease-resistant Bos indicus breeds, notably African breeds such as Ngunis, Mashonas, Borans or Tulis, he explains. In so doing I removed myself from academics and registered breeders obsessed with big weaning weights and started farming with greater numbers of smaller, hardier cows and bulls. It is all quite simple It is all quite simple, he elaborates. To be profitable the commercial farmer needs to keep costs down and run smaller-size cattle in smaller camps. The farmer then practices high density, fast-rotation grazing, using all the wonderful, lower cost inputs we have available to us these days, such as electric fencing. Using this system and with sufficient rest between grazes (from 45 to 90+ days) improves the condition of the veld, and increases the number of good grasses. Based on this approach most cattle farmers can double their profit per hectare. In contrast, it is entirely the wrong move to select large bulls and large cows. The large bull, large cow approach is about egos; it is not about practical, profitable commercial cattle farming. Rethink the traits to select when buying a bull Chip believes that commercial cattle farmers globally have to rethink the traits they are selecting when buying a bull: Too many farmers still think a big, fattened bull is the best buy but it is not; you need to buy a smaller framed, shiny, healthy, stocky bull. In selecting a bull you need to look at his mother and she should be a good, small, structurally sound (good feet, legs, teeth, muzzle, eyes, coat), easyfleshing cow in the 454 kg range, with the abil

7 ity to wean a calf that is approximately 55% of her own body weight. Bulls not larger than 800 kg will be the most efficient. An easy-fleshing cow is a low-maintenance animal with the ability to maintain good body condition, even on limited feed resources. Reduce bull and cow size A growing number of farmers in the US now understand that it makes sense to reduce their cow size as big cows require more grazing and more energy to maintain their body weight and milk production. One such outfit that practises this approach very successfully is the Pharo Cattle Company in the high plains of eastern Colorado. This is short-grass country with very limited and unpredictable rainfall. The annual precipitation on the ranch will average only 12 inches. The Pharo Cattle Company has been successfully operating for over 30 years, based on its philosophy of smaller, efficient cows and smaller, efficient bulls that live off the veld. Their seedstock programme includes Red Angus, Black Angus, Hereford, Tarentaise, Mashona, as well as composites of these breeds. Rasing cattle the way you ought to Their slogan is: Buy your bulls from someone who raises cattle the way you ought to. Kit Pharo of the Pharo Cattle Company explains why they do things differently: The beef industry was built on cheap land, cheap feed, cheap equipment, cheap labour and cheap fuel. As the cost of land, feed and other inputs con tinues to increase, you have to produce cows with much lower maintenance requirements. He adds that this is a prerequisite in countries that battle with drought. The Pharo Cattle Company now has four sales a year two in Colorado, one in Missouri, and one in Ohio where they sell a total number of about 800 bulls annually. They do not feed their bulls any maize or corn to fatten them, therefore the bulls on the sales are not fat; they are veld-fit and healthy. Going against the status quo Of course many of the registered cattle breeders who go for high growth like to discredit people like Kit and myself because we are going against the status quo, Chip explains. But I am pleased to say that worldwide increasing numbers of farmers are coming around now and learning about the benefits of smaller cattle and well managed grazing. Hide colour does not matter when the T-Bone is on the platter. Mary Casey Lasater Sustainable, low input farming Sustainable, on the other hand, is the exact opposite. It relies on management that works with the natural environment and which requires little in the way of purchased inputs. This reliance will allow an operation to survive in uncertain times, including droughts and high fuel prices. Low input farmers base their operations on the proven natural mode that prevailed for thousands of years without our help. We are currently in a contentious world-wide situation and conditions could flip-flop overnight. In times like this it is important to ensure your livestock inputs are at the lowest point possible. Breeding and managing cattle for the absolute lowest input needs will put you well in front of your neighbours who might ridicule what you are doing but who are still cocooned in their artificial modes and fads. (Source: 11 April 2017) 107

8 special spesiaal beefmaster NOG N SUKSESVERHAAL Boere deel ervaring met Feedmaster-produkte Ertjiepit-voorkoms in Zim-kraal haal oosteboer oor tot Beefmaster-teling Wolfi Schierschmidt Die spore van Wolfi Schierschmidt se doeltreffende Beefmaster-boerbeeste stap 26 jaar terug. n Nuwe wêreld het vir hom en twee ander boerefamilies van Gobabis oopgegaan toe hulle in 1990 Zimbabwe toe is om eerstehands te ervaar hoe Johann Zietsman, veteraanbeesteler en internasionaal bekende weidingkenner, Beefmaster-teling doen. Toe ek in die bulverkoopkraal van hierdie beesghoeroe instap, het ek daar en dan besluit om met Beefmasters te boer. Die bulle het soos ertjiepitte gelyk die een soos die ander, sê Wolfi. Hy en sy vrou, Juliana, het die Zimbabwiese besoek meegemaak met James Chapman en Juliana se broer, Louis Opperman, en hul families. Net soos Wolfi hoogs beïndruk met die wêreldbekende saamgestelde ras van Tom Lasater het hulle ook met Beefmasters begin boer tot vandag toe. Wolfi vertel teelmateriaal was die eerste en die laaste hekkie wat in sy Beefmaster-boerdery oorkom moes word. Johann, n voormalige student van die wêreldbekende prof Jan Bonsma wat self diep spore in die beesteling getrap het en deesdae internasionaal as grootvee-konsultant werk, het die bekende bul BarZ 139 met sterk erfdwang gehad. n Jaar ná die Zimbabwiese besoek in 1991 het Wolfi sy Simmentalerstoet verkoop, semen van hierdie bul gekry en 150 Simmentaler- en Brahman-kruisingskoeie daarmee geïnsemineer. Dit was die begin. En ek het nooit weer teruggekyk nie! Toe die eerste kalwers in 1992 aankom, het die werkers gesê hulle lyk net soos Jerseys lig en klein Mooi Beefmasters, n lowergroen opstal, spog-perdestalle en veel meer getuig van tipiese Duitse presisie op die plaas Poortje in die Gobabis-omgewing van Wolfi en Juliana Schierschmidt. Net so het die teelbenade ring van suiwer kommersiële Beefmasters beïndruk met net een dekseisoen n jaar. Dit is min rasse waarmee jy dit kan regkry, glo Wolfi. Oorparing word hier in verskuddes gedoen vir nog strenger seleksie. Die verse is ook vyftien dae korter by die bulle as die koeie. Daarby volg Wolfi die ses beginsels van Tom Lasater, vader van die presies hoe die ekstensiewe Namibiese beesboer se kalwers moet lyk, glo Wolfi. Nog eienskappe van sy liefling-ras wat hom beïndruk, is die bespiering, gladde haarkleed, mediumraam grootte, aanpasbaarheid en goeie loopvermoë. Vandag het Wolfi n Beefmaster-koeikudde van 400 en verkoop hy tussen 30 en 40 bulle per jaar op driejarige ouderdom aan kommersiële boere. n Interessante waarneming van hom oor roofdierverliese was dat die vyf bont kalwers van n Nguni-bul wat van die buurplaas oor die draad gespring het, luiperdkos geword het. Ek weet nie of ek reg is nie, maar vermoed die bont diere is meer sigbaar. Las van luiperds het hy ook en die jakkalse word met n roeper en n windhond in toom gehou. Nog n ervaring wat hy so in die ry op die plaas gedeel het, was die impak van koedoehondsdolheid. Ek het vier jaar laas n koedoe geskiet waar ek voorheen elke twee weke een vir rantsoene geskiet het. Destyds het ons tot 150 koedoes opgemerk tydens een rit op die plaas ook al meer as 50 bulle in een trop. Blik op enkelras-beesboerdery Wolfi boer kommersieel met net die Beefmaster. So kan ek my kuddes groter maak en weidingbestuur vergemaklik. Kruisteling vereis kleiner en meer troppe wat moeiliker bestuur. Met die suiwer rasboerdery is ek steeds suksesvol. Verder handhaaf hy net een dekseisoen per jaar van Januarie tot Maart danksy die hoë vrug Beefmasters, nougeset om aangepaste diere te produseer. Dit behels temperament, vrugbaarheid, gewig, bouvorm, gehardheid en melkproduksie. Hy glo verder n eenras-boerdery bring mee dat jy groter kuddes kan aanhou en weiveld beter kan bestuur. Verder sorg sy suksesvolle teling vir n goeie afset vir sy klipharde, vrugbare veldbulle. Lees hiernaas oor Wolfi se passie vir die Beefmaster en hoe Marietjie van Staden van Agriforum en Drikus Delport van Feedmaster sy boerdery tydens n plaasbesoek ervaar het. baarheid van die ras. In sy verskuddes pas hy oorparing (over-mating) toe as n streng seleksiemaatstaf vir nog beter vrugbaarheid. Die verse is ook net vir n maksimum van 75 dae by die bulle teenoor die koeie se 90 dae. En so vrugbaar is die verse dat jy moet keer of hulle raak dragtig voor speen. Nie-dragtige verse en koeie word summier uitgeskot. n Kalf- en speenpersentasie van meer as 80% word gehandhaaf. Wolfi sê hy laat sy verse op tussen 15 en 18 maande paar. Hulle kalf dan normaalweg op twee jaar. Om probleme met herbesetting uit te skakel sorg hy dat hierdie eerstekalfkoeie die beste weiding kry. Hy bestuur sy koeitroppe in ouderdomsgroepe omdat hy bulkalwers vir eie gebruik of verkope uit hulle selekteer. Dit vergemaklik sy werk. Vroeër het hy wel bulle, verse en bulkalwers saam in troppe gesit. Verder voorkom die groeperings dat koeie wat uit verskillende troppe gemeng word elke keer weer deur hul rangorde moet werk. As voorsorgmaatreël teen geslagsiektes koop hy nie vroulike diere in nie. Terselfdertyd beweeg hy na poenskop-bloedlyne. Dierewelsynvereistes raak al strenger. In Europa is dit al so dat net n veearts beeste mag onthoring. Nagenoeg 10% van my kudde is reeds poenskop, wat minder werk en koste beteken die rigting waarin ek nou beweeg. Kalwers word op sy plaas Poortje op kraal gespeen en vir sowat 14 dae grasbale gevoer. Dit, tesame met die feit dat hulle nie rondhardloop nie, maak hulle mak en verlig speenskok. 108 Van die dertig tot veertig verkoopbulle wat Wolfi Schierschmidt jaarliks aan kommersiële boere verkoop.

9 Die bulle direk van die veld af wys bespiering en aangepastheid sonder mieliepitte reg om op driejarige ouderdom te begin werk. Oor die feit dat hy nie sy top stoetgehaltediere registreer nie, sê Wolfi: Ek het n prentjie van n ideale bees in my geestesoog. By telersgenootskappe werk dit anders. Verskillende idees word saamgevoeg oor hoe die ras op die ou end daar moet uitsien of moet lyk. Haarkleur tel nie punte in Beefmasterteling nie. Dit gaan oor n smaaklike, sappige biefstuk op die bord. neer hulle nog makliker vet word en op goeie kondisie geslag word. As koeie se tande slyt, sit ek hulle nie meer by bulle nie. Die osse en uitskot-speenkalwers gaan ook kommersiële veilings toe. Tong in die kies vertel Wolfi dat n opkomende boer en voormalige goewerneur van die Omaheke-streek, Paulo Thataone, hom vanjaar met kalwers van n bul van hom op n Karoo Ochseveiling geklop het. Paulo het die tweede prys gekry en Wolfi die derde prys. Paulo koop elke jaar n bul by my, maar het eenvoudig net beter kalwers as ek op die veiling gehad. Oor bemarking aan Meatco sê Wolfi pryse in 2002 en 2003 was baie goed. Ek het toe tot 460 diere per jaar Meatco toe gestuur. Sedertdien het die pryse verswak. Die feit dat Wolfi in 2007 twee keer die Bemarking loop goed Die tot 40 kommersieel veldaangepaste bulle wat Wolfi jaarliks verkoop, laat hy deur n veearts vir vrugbaarheid en geslagsiektes toets net soos stoettelers dit doen. Hy koop soms nuwe bulle, maar fokus meer op semen-aankope van bulle uit beproefde bloedlyne. Terugvoer van sy gereelde kliënte is baie positief. Hulle kom weer en weer terug en stuur selfs vir my foto s van verse van bulle wat hulle by my gekoop het. Wolfi verkoop nie vroulike diere vir teeldoeleindes nie. Op agt jaar word Meatco-produsent van die maand was, dui die koeie op kommersiële veilings bemark wan op die kwaliteit slagdiere wat hy lewer. 110 BarZ 139, die stamvader van Wolfi Schierschmidt se Beefmasterkudde. Dié bul met sy sterk erfdwang uit die stoet van beesghoeroe Johann Zietsman het sy stempel op verskeie Suider- Afrikaanse kuddes afgedruk. Tipiese vrugbare Beefmaster-koeie op Wolfi Schierschmidt se plaas Poortje. Pierre en Heidi de Wit, die Schierschmidts se regterhande, kyk hier na die lekgehalte in n voer bak saam met Drikus Delport (regs) van Feedmaster. Drikus Delport 109

10 special spesiaal beefmaster Die grashooivoerder vir kalwers wat op kraal gespeen word. Australiese beeshonde is n nuutjie op die plaas Poortje, wys Pierre en Heidi de Wit. Pierre is die groot man met die sagte hart en die geduld wat die honde stadig maar seker leer en hulle reeds nuttig gebruik wanneer hy en syw pa, Pieter, speenkalwers laai vir uitvoer. Pa en seun staan sterk in die speenkalfspekulasie en -uitvoerbedryf, maar boer ook kommersieel met beeste op hul plaas Anna boom. Hulle het ook onlangs met mielieaanplantings onder besproeiing begin. 109 Weiding, bosuitdunning en voeding Wolfi maak sy troppe so groot as moontlik. Die grootste koeitrop is 120. Ek probeer hulle soveel as moontlik kampe gee en wissel hulle in die groeiseisoen weekliks. Dit beteken dat kampe in die groeiseisoen elf weke rus en net een week benut word. Al die kampe van gemid deld 200 tot 250 ha word per jaar benut. Dit werk vir my. Ek sien die resultate. Sy goeie boerdery-omgewing 70 km oos van Gobabis se meerjarige grasse sluit die gesogte swartvoetjie en Kalahari-sandkweek in, asook staatmakers soos blinkhaar-boesman, vingergras en bloubuffel. Vreetbare bosse is volop waarvan die koffiebos, eie aan sanderige dele, die gesogste is. Dan is daar ook nog rosyntjieen lusernbos, geelhout en appelblaar. Vir ruvoer vir die beeste word gras op 70 ha gesny en gebaal so tussen en bale per jaar vir eie gebruik. Dit wat nie gebruik word nie, word vir die droë jare geberg. Bosuitdunning geskied met stampe en stote die afgelope 15 jaar op my plaas, soos die bankbestuurder dit toelaat, sê Wolfi. Tog het hy al by die ha van sy grond van ha met bosdoderkorrels behandel en kom hy agter dat hy op hierdie deel meer diere kan aanhou. Wat voeding betref, kry sy Beefmasters Feedmaster se Beesmix 4:1:5 met ureum in die winter en Futterfos en sout in die somer. Hy meng ook bloubuffelsaad in sy lek sodat die beeste kan help om grasverspreiding te bevorder. Bewerings dat saad in die verteringsproses tot niet kan gaan, het gelei tot n navraag aan Jaco La 110

11 Duitse presisie wys in infrastruktuur Die hekslotte lyk ook almal dieselfde om die wonder en die sukkel uit verskillende paten te te haal. En dit werk maklik ook met net een hand. buschagne, Feedmaster se algemene bestuurder wat ook n voedingkundige is. Sy kommentaar is dat van die saad wat nie in die herkouproses fyngemaal word nie wel kan ontkiem in die humusryke omgewing van die mis. Wolfi sê hy stap al van sy Simmentaler-stoetdae n pad met Feedmaster en is tevrede met hul produkte en advies. Infrastruktuur opgeskerp Sedert Wolfi en Juliana in die begin jare tagtig begin boer het, het hy soveel as moontlik kampe begin maak en so ver as moontlik volgens eenvormige veldtipes om weiveldbestuur doeltreffender te kan toepas. Die soeter, gesogter veld het hy probeer skei van die sandveld se minder smaakliker kos. In totaal is daar 120 kampe op Poortje. Groot beleggings is ook in sonkrag gedoen toe ons besef ons gaan nie Nampower-krag kry nie. Die twee opstalle word albei vandag net met sonkrag bedien. Drie sonkragpompe is ook geïnstalleer wat saam met windpompe die waterpunte bedien. Enjins word nie meer gebruik om water te pomp nie. Die twee werkers Dawid Max en Fritz Kgompan hier op hul muile waarmee hulle beeswerk op die plaas doen. Wolfi Schierschmidt is trots op sy sobere werkerskorps n mooi pad waarop hy en Juliana hulle gelei het. Van hulle is al jare by hom en kom hul pligte getrou na teenoor hul kinders en die skole waar hulle ingeskryf is waar Wolfi dit moes doen toe hulle nog die verkeerde weg bewandel het. Drikus Delport van Feedmaster en Wolfi Schierschmidt hier by n watersuiping wat met pyptraliewerk bedek word om die bobbejane van die bolkrane weg te hou. Op die agtergrond is Beefmasterverse. Al die suipings op die plaas lyk só. Poortje se mooiste prentjie... Die opstal van klipgeboue, ook twee van die perdestalle, die baie groen en die vrolike fyntuin nooi jou saam met Juliana Schierschmidt se hartlike gasvryheid binne vir n dag van lank onthou. Waar die wortels lê Beide Wolfi Schierschmidt en sy vrou, Juliana, n Opperman-nooi, is boorlinge van Gobabis. Dit is hier waar Wolfi se pa, Hans-Joachim, en sy ma, Hanna, n Rust-nooi van Sonnleiten, in 1951 op die plaas Poortje begin boer het. Toe was daar niks, nie eens grensheinings nie. Mettertyd is die plaas opgebou tot vandag se top-infrastruktuur met n sterk skoot Duitse presisie. So lyk al die hekslotte en die damsuipings met gesweiste pypwerk bo-oor om die bobbejane van die bolkrane weg te hou op n haar na mekaar én netjies. Ná skool het Wolfi sy BSc Agric-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. As student was hy reeds by sy pa se voerkraal in die Kaap betrokke waar hy in totaal elf jaar werksaam was. In daardie tyd het Juliana n sekretariële kursus in die Kaap gedoen, waar haar pa, Lewies Opperman, en ma, Takkie, ook n voerkraal gehad het. Op n dag het my pa my vertel ek moet die oom van die voerkraal ontmoet. Dit was Wolfi, vertel die immer opgewekte Julia na. So het die liefde en n kort verblyf saam as getroudes in die Kaap gevolg, wat Juliana gehoop het veel langer sou wees om haar Gobabis-horisonne behoorlik te verbreed. Oor die voerkraalbetrokkenheid is Wolfi glad nie spyt nie. Hy en drie vennote het later die voerkraal saam besit, maar dit toe verkoop, wat hom n goeie hupstoot gegee het om in die vroeë jare tagtig die boerdery by sy ouers te begin oorneem. Hulle het toe na n buurplaas getrek. Vir tien jaar het Wolfi toegewy met sy pa se Simmentalerstoet aangegaan totdat die Zimbabwiese besoek sy beesboerdery na suiwer Beefmasters geswaai het. Behalwe vir Heidi het Wolfi en Juliana nog n dogter, Nadia, wat met n ingenieur getroud is en in Johannesburg woon, en n seun, Hanjo, wat bestuurder is by ITR, n onderneming wat onderdele vir grondverskuiwingsmasjiene verkoop

12 special spesiaal beefmaster 111 Perde hier n groot storie Die El Shakir Arabians Stud van die Schierschmidts is weer goed op dreef met twee tophingste van Suid-Afrikaanse en Spaanse oorsprong wat inge voer is vir die teel van uithouritperde. Nog n Arabiese skouhings is op pad vir dieselfde doel. n Reuse- nuwe stal, n oefenbaan en nog twee stalle wys op hernude erns met teling, hoofsaaklik vir die uitvoermark, veral Frankryk en die Ver enigde Arabiese Emirate. Die feit dat Namibiese perde hoofsaaklik in die veld wei en hulle daarby nog geoefen word, maak hulle baie gesog in die buiteland. Wolfi, sy dogter Heidi en haar man Pierre de Wit se liefde vir die Arabierperde het opgeval. Met Wolfi se jarelange ervaring en passie vir perde, Heidi se slag met teling en korrekte paring en Pierre se uithourit-vernuf vorm dié drie n gedugte span. Die perde word gereeld geoefen en bly in puik vorm danksy bykomende sorg van n perde-tandarts, chiropraktisyn, veearts en voedingkundige. Wolfi kry sommer n vonkel in die oog wanneer hy oor sy jarelange liefde vir die Arabiere praat. Toe die drie kinders nog op laerskool was, was uithouritte ons gesinsport. Maar vir hul hoërskoolloopbane en verdere studie is hulle Stellenbosch toe. Ons het toe n bietjie laat slap lê, maar toe Heidi terug kom, het ons teling en uithouritte ywerig hervat. Pierre het al drie keer die swaargewig-afdeling gewen en was een keer tweede in die uithouritte waaraan hulle gereeld deelneem die Afrika-kampioenskappe op Walvisbaai, die CAIC in Suid-Afrika en die Tip of Africa op Bredasdorp. Maar soos dit met enige stokperdjie gaan, is balans nodig om die somme te laat klop. Dit is hier waar Juliana, die boekhoudster van die boerdery, inkom om toe te sien dat die gesin die teuels goed vashou en nie laat gaan nie. Proof Arabiere se paradys Arabierperde op Poortje is nog n boerdery-prioriteit met die fokus op beide teling en uithouritte. Die hings Azrek Waldemar, jongste toevoeging tot die Schierschmidts se perdestoet, El Shakir Arabians. Hy is nog op pad van Suid-Afrika en gaan eersdaags saam met twee onlangs ingevoerde hingste, onder wie een van Spaanse afkoms, hul stempel in teling afdruk. Een van die twee ou klipstalle wat nog in gebruik is vir die teelkudde van sowat honderd Arabierperde. 112

13 Die perde se kos n bloubuffelgrasland op 60 ha. Die nuwe spogstal op Poortje waar die uithouritperde snags slaap vir bykomende voeding en in die winter vir beskerming teen die koue met hul kaal geskeerde lywe. Heidi de Wit wys hier hoe die voerbakke vir opvul uit- en weer terugswaai na die perde toe. Heidi de Wit, die Schierschmidts se dogter, hier in haar element. Sy het n slag met teling. Sy en haar man, Pierre, verwag nou hul eersteling en dié het op drie maande al klaar n naam, Peanut. Soos die embrio groei, sal nog koddige troetelname volg voordat die doopname geregistreer word. Heidi was voorheen getroud met die perdeliefhebber Stefanus Pienaar, wat vyf en n half jaar gelede in n ongeluk oorlede is. Proof 113